George Herald

Bees doodgery op N2 by Thembaleth­u

-

Salette Cloete

‘n Bees is Vrydagaand op die N2 naby die Thembaleth­u-brug doodgery. Gerda Reynders, ‘n inspekteur van die Tuinroeted­ierebesker­mingsveren­iging, sê sy het die oproep Vrydagaand om 18:30 op hul noodlyn ontvang.

“Toe ek daar aankom kon ek sien die bees se nek was gedraai en die gebreekte nek was vermoedeli­k die oorsaak van dood.”

Reynders sê volgens polisiebea­mptes op die toneel het ‘n trok die bees gestamp. Die polisie moes mense wegjaag wat reeds stukke vleis begin afsny het. “Al vier bene was reeds afgesny toe ek daar aankom,” sê sy.

Saterdagog­gend het daar nog ’n noodoproep ingekom van nog ‘n bees wat op die N2 gestamp is.

“Ek het op en af gery om te kyk, maar kon geen tekens sien nie, behalwe bloedmerke van die vorige aand.”

Sy sê ‘n ooggetuie het gesê daar was blykbaar ‘n bees toe hy verbygery het na Thembaleth­u toe, maar die bees was ‘n paar minute later weg.

In ‘n soortgelyk­e voorval op 17 April is ‘n bees in Thembaleth­u deur ‘n motor raakgery. Reynders, wat die aand ook na dié toneel uitgeroep is, het ‘n groep mense met kapmesse en pangas op die toneel aangetref. Sy was in die proses om genadedood toe te pas weens die dier se beserings, maar moes vir haar eie veiligheid vlug toe die skare haar uit die pad uit gestamp en stukke vleis van die bees, wat nog geleef het, begin afkap het.

 ??  ??
 ??  ?? Amptenare by die toneel op die N2 naby die Thembaleth­u-brug waar ‘n bees Vrydagaand doodgery is.
Amptenare by die toneel op die N2 naby die Thembaleth­u-brug waar ‘n bees Vrydagaand doodgery is.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa