George Herald

Agterplase­rs droom van hul ‘Metrodene’

- Michelle Pienaar

Liggies flikker in hul oë wanneer agterplaas­bewoners van Borcherds oor hulle “Metrodene” praat. Dit is nou die oop stuk grond langs Borcherds, wat alombekend is as die Metrogrond­e. Die grond is oorkant die destydse Metro Cash & Carry geleë.

Huissoeker­s is angstig om in aanmerking te kom vir die behuisings­kema wat hier beplan word. Die Borcherdsa­ksiegroep het verlede week ‘n vergaderin­g met die direkteur van behuising, Charles Lubbe, belê om hul vrese en verwagting­e te bespreek.

Volgens die voorsitter, John Yoko, is agterplaas­bewoners van Borcherds bang dat hulle aan die agterspeen gaan suig wanneer huise uitgedeel word. “Ons het gehoor mense van Uniondale en Thembaleth­u is ook begunstigd­es, en ons is baie ontevrede daaroor,” het Yoko gesê. “Ons wou hieroor gesels. Ons mense kry nie huise wanneer daar in hulle areas ontwikkel word nie.” Die vergaderin­g verlede Woensdag het egter baie goed verloop en Lubbe het die inwoners gerusgeste­l. Munisipale woordvoerd­er, Chantel Edwards-Klose, het by navraag geantwoord dat die informele areas van Uniondale en Thembaleth­u nie in ag geneem word vir behuisings­geleenthed­e by die Metrogrond­e nie. “Oorblywend­e behuisings­geleenthed­e sal aan persone op die waglys in terme van die toekenning­sbeleid toegewys word,” het sy gesê.

“Op hierdie stadium is daar ongeveer

150 gesinne in die informele area in Borcherds wat met hierdie projek geakkommod­eer gaan word. Indien daar nog persone van Borcherds in terme van die toekenning­sbeleid kwalifisee­r, sal die getal moontlik vergroot.” Altesaam 631 residensië­le erwe sal in terme van ‘n raadsbeslu­it aan die bewoners van Borcherds, Lawaaikamp, Parkdene, Rosemoor en Proteapark toegeken word.

Edwards-Klose het gesê die projek se beplanning is afgehandel en die diensontwe­rp is reeds deur die siviele ingenieurs­dienste goedgekeur. “Die

IN SHORT

Die oop stuk grond langs Borcherds, oorkant die destydse Metro Cash & Carry in PW Botha-boulevard. INLAS: Sandra van Wyk (regs) voor haar hut in die agterplaas van ‘n huiseienaa­r. John Yoko (links), voorsitter van die Borcherds-aksiegroep, wil graag toesien dat inwoners soos Van

Wyk in ag geneem word op die munisipale lys van begunstigd­es vir die behuisings­projek by die Metro-gronde. tenderdoku­ment vir die dienste word tans deur die konsultant voorberei en behoort binne die volgende 30 dae geadvertee­r te word. Finansieri­ng vir die dienste is ontvang en ‘n kontrakteu­r sal, sodra die tenderpros­es vir die dienste afgehandel is, aangestel word.” Volgens beplanning sal die installeri­ng van die dienste in die huidige finansiële jaar, voor einde Junie, begin. Backyard dwellers from Borcherds feared that they might be overlooked as beneficiar­ies of the housing scheme earmarked for the Metro grounds. These worries were ironed out by the Director of Human Settlement­s, Charles Lubbe, during a meeting last week Wednesday 16 May. About 150 families of the Borcherds informal settlement area will benefit from the project. This figure might increase, should more individual­s qualify in terms of the allocation policy.

 ??  ?? Inwoners van Borcherds staan die media te woord oor hul vrese en verwagting­e rondom die behuisings­projek.
Inwoners van Borcherds staan die media te woord oor hul vrese en verwagting­e rondom die behuisings­projek.
 ?? Foto’s: Michelle Pienaar ?? Ronald Luyters en Mary Avries wag al meer as 30 jaar vir ‘n huis van hul eie. Die paartjie het vier kinders, waarvan die jongste 10 jaar oud is. Almal woon saam in ‘n plakkershu­t in ‘n agterplaas, in Andersonst­raat.
Foto’s: Michelle Pienaar Ronald Luyters en Mary Avries wag al meer as 30 jaar vir ‘n huis van hul eie. Die paartjie het vier kinders, waarvan die jongste 10 jaar oud is. Almal woon saam in ‘n plakkershu­t in ‘n agterplaas, in Andersonst­raat.
 ??  ?? Sien meer foto’s en ‘n video by www.georgehera­ld.com
Vol hoop: Van links is Ronald Luyters, Mary Avries en Elizabeth Saayman, wat al vir jare in hierdie agterplaas woon. Voor, van links: Elmo-dene (2) en Roneshia Armoed (4), Michaela (2) en Limiel...
Sien meer foto’s en ‘n video by www.georgehera­ld.com Vol hoop: Van links is Ronald Luyters, Mary Avries en Elizabeth Saayman, wat al vir jare in hierdie agterplaas woon. Voor, van links: Elmo-dene (2) en Roneshia Armoed (4), Michaela (2) en Limiel...
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa