George Herald

Harte en beursies is oop vir Rosedale-brandslago­ffers

- Salette Cloete

Mense het verlede week hul harte en beursies oopgemaak vir die brandslago­ffers van Rosedale. Ses huisgesinn­e moes intussen in die plaaslike gemeenskap­saal slaap, terwyl hul huise herbou is.

Die slagoffers was dankbaar vir al die skenkings wat so gewillig gegee is. Die gesinne was verras deur skenkings wat van oral ingestroom het - van kerke, besighede en individue.

Virgill Gericke, ‘n gemeenskap­sleier, sê hulle wil graag almal bedank wat so vrygewig was. “Ons gaan nou alles mooi tussen al die huisgesinn­e verdeel. Die mense het warm kos, toiletware, komberse en klere gekry.”

Hy meen dit is ‘n goeie begin vir die mense om stadig weer hul lewens te herbou.

Volgens Gericke is daar nog goedere oor die naweek geskenk en mense het nog Maandag navraag gedoen oor wat nodig is en waar dit afgelaai kan word.

Dis na 13 mense verlede week dakloos gelaat is na hul huise in die informele nedersetti­ng afgebrand het.

Volgens een van die slagoffers weet hulle die brand het in een van die huise begin, maar nog nie wat die brand veroorsaak het nie. Die slagoffers is baie goed bygestaan deur amptenare van Sassa wat kom help het met identiteit­sdokumente en Sassakaart­e. Die munisipali­teit het hul strukture help herbou.

Teen druktyd was al die slagoffers uit die gemeenskap­saal en kon hulle met die skenkings wat hulle ontvang het, hul lewens begin herbou.

 ??  ?? Maylene Snyman met van die toiletware wat die slagoffers gekry het. Snyman het haar tyd geskenk.
Maylene Snyman met van die toiletware wat die slagoffers gekry het. Snyman het haar tyd geskenk.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa