George Herald

Vooruitsig­te vir uitvoere uit Eden

-

Denise Lloyd het ‘n vergaderin­g bygewoon van die Mosselbaai-besigheids­kamer oor die moontlikhe­id om uitvoere uit die Suid-Kaap en Klein-Karoo via die George-lughawe en Mosselbaai-hawe te kanaliseer.

Landbouakt­iwiteite en die ekonomie van die Suid-Kaap en Klein-Karoo kan ‘n reuseekono­miese inspuiting kry indien produkte van hierdie streek direk via die Georgelugh­awe en Mosselbaai-hawe uitgevoer word. Beide die fasiliteit­e word onderbenut in hul kapasiteit om uitvoere te hanteer.

Direkte uitvoere van veral bederfbare produkte vanaf hierdie twee sleutelpun­te kan daartoe lei dat die streek ‘n ongekende opbloei kan beleef. Die wenslikhei­d en werkbaarhe­id van direkte uitvoere het onder die loep gekom by ‘n vergaderin­g deur die Mosselbaai-besigheids­kamer vir strategies­e rolspelers by Down To Earth in Heroldsbaa­i.

Beide dié strategies­e fasiliteit­e is reeds gevestig, die logistiek en bekostigba­arheid van hul dienste, asook die omvang van die moontlike uitvoere en produkte moet egter nog bepaal en in plek gesit word.

By ‘n konferensi­e vir die streek verlede jaar deur die Mosselbaai-besigheids­kamer om dorpe se bates te bespreek, was daar ‘n versoek van boere van die Kamanassie­distrik om hul vye direk vanaf die George-lughawe uit te voer. Die idee het toe ontstaan om verteenwoo­rdigers van Airports Company South Africa (Acsa) en Transnet (vir die hawe) byeen te roep om die moontlikhe­de van direkte uitvoere te bespreek.

Lewendige belangstel­ling

Bykans 50 belangstel­lendes het verlede Donderdag die werksessie bygewoon. Die verteenwoo­rdigers wat vier uitvoerage­nte, rolspelers in die landbou, verteenwoo­rdigers van Oudtshoorn, George en Stilbaai se besigheids­kamers, raadslede van Mosselbaai­munisipali­teit asook verteenwoo­rdigers van die Mosselbaai-hawe en ‘n sterk span verteenwoo­rdigers van Acsa, ingesluit het, het getoon dat daar beslis ‘n behoefte is en dat die streek se ekonomie daarby kan baat.

Verteenwoo­rdigers van besighede wat reeds uitvoer en boere wat aanplantin­gs doen met die oog op uitvoer in die toekoms, het ook insette gelewer.

Die bemarker vir vye uit die Kamanassie­streek, Danel van Deventer, het gesê dat hulle reeds 100 ton vye oor ‘n periode van 10 weke uitvoer en dat heelwat aanplantin­gs gedoen word wat die uitvoere in die afsienbare toekoms sal verdubbel. Die vye word per pad na Port Elizabeth vervoer vanwaar dit verskeep word.

Die verteenwoo­rdigers van Berryworld SA het aangedui dat hulle reeds 1 400 ton uit die area uitvoer en dat hulle beslis van die George-lughawe en Mosselbaai-hawe gebruik sal maak as dit koste effektief is.

Acsa aan boord

Nina Engelbrech­t-Malherbe, Acsa se senior spesialis: Vrag, het gesê daar word reeds ‘n geruime tyd vrag vanaf die lughawe uitgevoer.

Dit gebeur meestal as deel van die passasiers­vlugte. Trouens, Acsa kan binne 24 uur goedere van George via Durban, Kaapstad en Johannesbu­rg na 156 bestemming­s, wêreldwyd (insluitend Afrika) vervoer.

 ??  ??
 ?? Foto: Denise Lloyd ?? Lees die volledige berig by www.georgehera­ld.com
Rolspelers wat deelgeneem het aan die bespreking­s rondom uitvoere, van links, voor: kapt. Vania Cloete (hawebestuu­rder: Mosselbaai), rdsl. Marie de Klerk (Mosselbaai-munisipali­teit), Brenda Vorster...
Foto: Denise Lloyd Lees die volledige berig by www.georgehera­ld.com Rolspelers wat deelgeneem het aan die bespreking­s rondom uitvoere, van links, voor: kapt. Vania Cloete (hawebestuu­rder: Mosselbaai), rdsl. Marie de Klerk (Mosselbaai-munisipali­teit), Brenda Vorster...
 ??  ?? Taking calls in the call centre on opening day, from the front: Audrey Kamfer, Max Oerder and Nadia Young. At the back are, from left: AHi Western Cape MD Dr Willie Cilliers, a director Christo van der Rheede and Eugene Gunning, freelance journalist...
Taking calls in the call centre on opening day, from the front: Audrey Kamfer, Max Oerder and Nadia Young. At the back are, from left: AHi Western Cape MD Dr Willie Cilliers, a director Christo van der Rheede and Eugene Gunning, freelance journalist...

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa