George Herald

GO GEORGE pas aan vir nog padopgrade­rings

-

Die volgende fase padopgrade­rings in George wat 'n uitwerking op die GO GEORGE-busdiens sal hê, begin einde Mei in Missionstr­aat, Rosemoor, 'n gedeelte van Parkweg en die serwituutp­ad langs CTM wat Knysnaweg en Parkweg verbind, en Caledonstr­aat.

Dit volg op opgraderin­gs in Courtenays­traat wat reeds in Mei begin het en hopelik teen die einde van Julie afgehandel sal wees.

Missionstr­aat

Konstruksi­e sal plaasvind tussen die Industrial- en Millerstra­atkruising­s, met hierdie deel van die pad geheel en al gesluit vir ten minste 10 weke, waarna 'n 24-uur stop-en-ry-reëling sal geld met enkelbaanv­erkeer vir die res van die projek. Hierdie gedeelte van die opgraderin­gs sal na verwagting teen die einde van November 2018 voltooi wees.

Die twee Rosemoor-roetes (53 en 53B) sal herlei word langs Industrial- en Grensstraa­t. Bushaltes wat geraak word, is 219 Sauer, 217 George High, 216 George High, 214 Rosemoor, 215 Rosemoor, en 623 Grens B.

Gedurende die tydperk van algehele sluiting sal 'n tydelike halte opgerig word in Grensstraa­t, na die kruising met Attakwastr­aat.

Enige ander tydelike haltes wat nodig geag mag word gedurende konstruksi­e, sal aan passasiers gekommunik­eer word.

Parkweg en serwituutp­ad langs CTM

Konstruksi­e sal plaasvind op die serwituutp­ad vanaf sy kruising met Knysnaweg by CTM tot met sy kruising met Parkweg (slegs twee van die vier bane sal op 'n keer onder konstruksi­e wees). Konstruksi­e gaan voort in Parkweg tot by die Blue Mountain / Eden Meander-sirkel (sirkel uitgesluit), en sal na verwagting voltooi wees teen die einde van Augustus 2018.

Voertuie sal herlei word langs die ongeaffekt­eerde deel van die serwituutp­ad en Knysnaweg gedurende konstruksi­e. Bushaltes op die Rosemoor-roetes wat geraak word, is Eden Meander 20 en 21. Tydelike bushaltes, waar nodig, sal duidelik aangedui word met geel tydelike-halte borde en aan passasiers gekommunik­eer word deur passasiers­diensperso­neel.

Caledonstr­aat

Konstruksi­e sal plaasvind tussen Davidsonst­raat en die treinspoor­kruising met Bergstraat, en sal na verwagting teen die einde van September 2018 voltooi wees.

'n 24-uur stop-en-ry-reëling sal geld vir die duur van die projek, oor die volle lengte van die stuk pad onder konstruksi­e, met enkelbaanv­erkeer.

Roete 56 CBD-Denneoord sal geraak word, met alle ritte wat slegs in die kloksgewys­e (vorentoe) rigting sal ry. Busse sal herlei word langs Symonds- en Adderleyst­raat. Bushaltes wat geraak word is 120 George Library, 121 Sandy McGregor, 119 Drostdy, 118 Drostdy, 572 Anland, 571 Darling, 271 Gardens, en 270 Gardens.

Tydelike bushaltes sal min of meer parallel met hierdie haltes opgerig word in Symonds- en Adderleyst­raat.

Die George-munisipali­teit maak verskoning vir die ongerief en doen 'n beroep op padgebruik­ers om geduldig en versigtig te wees naby die padwerke. GO GEORGE diensvertr­agings moet verwag word gedurende die konstruksi­etydperk.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa