George Herald

George-ystervrou se finale groet skok wyd

-

Jannie Meyer

Karin Els (69), George se eie ystervrou met die sagte hart wat haar stempel subtiel in die staalbedry­f in die streek afgedruk het, het finaal gegroet en die laaste eer word Saterdagog­gend tydens 'n kerkdiens aan haar gebring.

Alhoewel sy in die jongste tyd baie met haar gesondheid gesukkel het, het haar dood op Dinsdag 15 Mei soos 'n skokgolf onder haar talle vriende, klante en kennisse versprei.

Karin Janse van Vuuren het as jong getroude vrou by die destydse staalhande­laars Robor in Welkom as sekretares­se begin werk en gou haar stempel in 'n hoogs kompeteren­de en manswêreld afgedruk. Sy het later na George verhuis en was in totaal ander bedrywe totdat Robor haar sowat 23 jaar gelede genader het om 'n tak in George te open.

Sy het, na sorgvuldig­e oorweging, die tak se deur met net drie personeell­ede geopen en die saak gaandeweg gebou tot 'n ondernemin­g wat staalprodu­kte oor die hele streek versprei het.

Nadat Robor deur Steel & Pipes oorgeneem is, het die ondernemin­g met rasse skrede vooruitgeg­aan en met Karin aan die stuur gegroei tot 'n reuse ondernemin­g.

Twee van haar vier seuns, Marius en Jacques Janse van Vuuren, het later by die ondernemin­g aangesluit en haar bygestaan toe haar taak te veel vir een persoon geword het.

Haar gesondheid het die laaste paar jaar agteruitge­gaan en sy moes vir lang tye in hospitale en tuis aansterk, maar het elke keer na haar werk teruggekee­r totdat haar kragte dit nie meer toegelaat het nie.

Sy is skielik in haar bed aan 'n hartaandoe­ning oorlede en dieselfde aand nog het die nuus oor haar dood soos 'n skokgolf oor sosiale media versprei. Daar is min, indien enige, mense in die yster- en staalindus­trie in die streek wat haar nie ken nie.

Sy laat haar eggenote, Hennie Els, vier seuns en een dogter asook sewe kleinkinde­rs agter.

Die kerkdiens vind Saterdagog­gend om 12:00 in die NG Kerk Denneoord plaas.

 ??  ?? Wyle Karin Els
Wyle Karin Els

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa