George Herald

Waterlek vir 3 maande by St Liboruis

-

Helen Thomas, Parkdene:

Die afgelope drie maande lek die water by St Liboruis-kerk in Parkdene waaraan tot nou toe nie aandag gegee is nie.

Hoe verduideli­k ’n mens dat jy water moet bespaar, maar as daar wel ‘n lek is dan word daar absoluut niks aan die saak gedoen nie. Op 19 Maart bel ek die munisipali­teit om die probleem aan te meld. Die dame by ontvangs sou my bel, maar het niks van haar tot vandag toe laat hoor nie.

Intussen het die oproepe so gevolg: 17 April 2018 - 08:02, oproep na munisipali­teit

19 April 2018 - 08:02, oproep na munisipali­teit

20 April 2018 -15:38, oproep na munisipali­teit

24 April 2018, skakel ek Elton Michaels. Hy oortuig my hy sal 26 April my by die kerk ontmoet.

26 April 2018, SMS ons mekaar dat ons werkers daar sal wees as ek en hy mekaar mis. Ek wag nog steeds vir mnr. Michaels.

2 Mei 2018: soveel oproepe na Sebiena, die wyksleier wat my vertel van ‘n wyksleier wat ek nie eens ken nie, of sal ek sê wat niks beteken vir Parkdene nie!!! Die woorde "Ons gaan niks uitkry uit die munisipali­teit want dit is long weekend" en nog steeds geen oproep nie. Hierdie is die tweede waterlek by die kerk wat ons mee sukkel om die munisipali­teit se samewerkin­g te kry. Hierdie een veroorsaak ook skade waaronder die kerk moet ly, wat nie reg is nie. Ek sal waardeer indien u terug kan kom met oplossing.

* Die brief is aan die George-munisipali­teit gestuur vir kommentaar, maar geen terugvoer is teen druktyd ontvang nie.

Reggie Wesso, direkteur van siviele ingenieurs­dienste, het egter in sy repliek op mev. Thomas se brief, verlede Vrydagogge­nd ontvangs van die brief erken en sy personeel versoek om dringend ondersoek in te stel na Thomas se gedetaille­erde skrywe en daaraan aandag te gee. Thomas het gister gesê spanne het Maandag by die kerk begin werk tot laat die aand. Sy noem dat die probleem nou uitgesorte­er is, "dis nog net die paving wat teruggepak moet word". Red

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa