George Herald

Blanco VLV besoek tolhuis

-

Lede van die Vroue-Landbouver­eniging het die tolhuis wat tussen 1845 en 1847 gebou is, besoek. Hier aan die begin van die Montagupas is die kliptolhui­s waar die tolmeester en sy gesin in die klein drievertre­khuisie gebly het en waar alle transportw­aens, wat veral hout en velle vervoer het, moes stop en tol betaal. Elke wiel het jou 2 pennies gekos, en dan nog 1 pennie per dier. Indien jy so gelukkig was om ‘n perd met vier wit pote te kon hê, het jy nie vir die perd betaal nie!

Toe die restourasi­ewerk deur die Vriende van die Tolhuis in 1999 begin is, was dit ‘n verwaarloo­sde gebou wat geplunder was. George-besighede het hul harte oopgemaak en so is die dak, ruite, alarm, die vloer en selfs die klipwerk tot hul vorige glorie herstel.

Ry gerus weer hierdie pragtige Montagupas en kyk uit vir die name van die draaie. So is daar Boshoff se Draai waar ene Boshoff deur sy osse gedood is. Moertjiesk­lip het die naam gekry nadat ‘n groot rots losgekom het en een van die padwerkers doodgeval het. In die tyd van die togwaens het waens wat na bo ry, voorkeur gekry deur hul swepe te slaan en ‘n lawaai te maak.

Vir die VLV-vroue was die besoek aan die tolhuis en die terugblik in die geskiedeni­s 'n heerlike ervaring.

Vir meer inligting en ‘n besoek aan hierdie geskiedkun­dige Tolhuis, kontak Gerda Stols by 083 772 8252.

- Urma Williams

Vir die VLV-vroue was die besoek aan die tolhuis en die terugblik in die geskiedeni­s ‘n heerlike ervaring.

 ??  ?? Lede van die Vroue-Landbouver­eniging van Blanco voor die tolhuis saam met Gerda Stols (links).
Lede van die Vroue-Landbouver­eniging van Blanco voor die tolhuis saam met Gerda Stols (links).

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa