Dorslandtrekkers: ‘n stuk van geskiedenis in vergetelheid
Die geskiedenis van die Afrikaner-trekkers wat die Transvaal gedurende die jare 1874 tot 1881 verlaat het om ‘n beter bestaan te gaan soek in Angola is aangrypend. Die ontberings wat hulle tydens hul tog van sewe jaar deurgemaak het word op boeiende wyse in die boek Die Dorslandtrek 18741881 beskryf.
Die bekende skrywer en stigter van Protea-huis, Nicol Stassen het elke trekker se naam agter in sy boek gelys.
Die Pretoria-navorser Linda Zöllner, het tydens die Georgeleeskring se byeenkoms op Donderdag 10 Mei haar bewondering vir die deeglikheid van sy navorsing uitgespreek. Die wat nie omgekom het aan malaria of van honger, het hul op Humpata op die hooglande van Angola - net noord van die Kunenerivier en die grens van Suidwes-Afrika gevestig.
Gedurende hulle epiese tog het ongeveer 230 blanke trekkers gesterf en ongeveer dieselfde getal na Transvaal teruggekeer. Hoewel ongeveer 130 babas gedurende die trek gebore is, het slegs ongeveer 370 persone hulle beloofde land uiteindelik bereik. Hulle is vergesel deur ‘n onbekende getal swart arbeiders.
Die Dorslandtrek, 1874 tot 1881 is die eerste boek wat in amper veertig jaar oor dié onderwerp verskyn. Zöllner het bespiegel waarom daar nie meer geskryf is oor die interessante stuk geskiedenis nie. Sommige mense het dit beskou as ‘n mislukte immigrasie. “As ‘n mens in ag neem dat hulle die Anglo-boereoorlog se volksuitwissing / plaasafbrandery, en krygsgevangene-kampe misgeloop het, was dit dalk nie so ‘n slegte alternatief nie.”
Oneindige dors
Die eerste trekkergroep het spoedig hul groot oordeelsfout - om in ‘n te groot groep
van 110 mense saam met hul vee te trek agtergekom. By een van die drinkwatergate was daar groot paniek toe die desperate vee daarop afgestorm en mekaar vertrap het. Daarna het hulle op loop gegaan en is nooit weer gevind nie. ‘n Veel kleiner tweede groep trekkers het op waens met koring en meubelstukke, wat deur die ontredderde volk agtergelaat is, afgekom.
Angola
In sy boek The Boers in Angola: 19281975 wei Stasssen verder uit oor wat met diegene wat kans gesien het om onder andere die malaria-aanslag te oorleef, gebeur het. “Tydens hierdie Angola-boere se verblyf in Angola was daar van boerdery min sprake en probleme was velerlei: ‘n problematiese verhouding met die Portugese owerheid, terwyl gebrekkige ekonomiese en opvoedkundige geleenthede, en gevolglike armoede, soms tot ontstellende verval gelei het.
In 1928 is ongeveer 2000 Angola-boere na Suidwes-Afrika gerepatrieer. Die gemeenskap van ongeveer 471 Afrikaners wat in 1928 in Angola agtergebly het, is aan die vergetelheid en verwaarlosing oorgelaat. Hul is later as ‘n ‘lewende fossiel’ en slagoffers van hulle eie behoudendheid bestempel. Sommige het wel nog ‘n lewe uit gemengde boerdery, transportry en jag probeer maak, dekades nadat hierdie lewenswyse elders uitgesterf het.”
Suidwes -Afrika
Vanaf 1958 tot 1963 is die meerderheid van die ongeveer
600 Afrikaners in Angola na SuidwesAfrika en Suid-Afrika gerepatrieer, terwyl slegs enkeles in Angola agtergebly het. Hierdie groepie Afrikaners het hul Afrikanerskap daar onder moeilike omstandighede gehandhaaf. Met die uitbreek van die burgeroorlog in 1975 in Angola het die laaste Afrikaners uit Angola gevlug.
Die verbintenis van die Angola-boere met Angola het daarmee na byna ‘n eeu tot ‘n einde gekom.” Zöllner se interessante lesing is goed ontvang. “Stassen het tien jaar geneem om drie boeke te skryf.
Thomas Baines het die illustrasies gedoen vir Die Dorslandtrek 1874-1881 en al kyk jy net prentjies - dit is werklik ‘n boek wat die moeite werd is om te besit.”
Stassen het ’n BA-graad in tale, ’n meestersgraad in chemiese ingenieurswese en ’n doktorsgraad in geskiedenis. Hy is ook die skrywer van Afrikaners in Angola 1928–1975 (2009), en William Chapman Reminiscences (2011).
Die George-leeskring se volgende byeenkoms is op 14 Junie waartydens Maritha van der Vyfer se boek, Al wat ek weet deur Hanna Barkhuysen bespreek sal word.
Skakel die sekretaresse Elizabeth Retief 044 871 5117 of by 072 612 1366 vir meer inligting.