George Herald

Galakonser­t van Jong Musikante kompetisie

-

Die jaarlikse galakonser­t van die Jong Musikantek­ompetisie vind op Vrydag 1 Junie om 19:00 in die Oakhurst Insurance Arts Theatre plaas.

Hierdie hoogtepunt op die jaarlikse musiekkale­nder word al vir meer as 30 jaar deur die Georgemusi­ekverenigi­ng georganise­er om leerders die geleenthei­d te bied om hulle talente te ontwikkel, selfvertro­ue op te bou en aan die gemeenskap ten toon te stel.

Volgens die organiseer­ders is vele van die vorige deelnemers van die kompetisie tans profession­ele musikante, plaaslik sowel as internasio­naal. Meer as sestig items was ingeskryf vir die oudisies wat op Maandag 7 Mei plaasgevin­d het. Die standaard was soos gewoonlik baie hoog en die beoordelaa­rs Sue Rijsdijk en Marie Skeen, het ‘n moeilike taak gehad om die sowat dertig items uit te soek wat in die galakonser­t moet wees. Die organiseer­ders is hierdie jaar baie beïndruk met die kwaliteit en diversitei­t van die inskrywing­s wat harde werk geverg het vir beide die leerders en hul onderwyser­s. Daar is vir die eerste keer ‘n rock-groep gekies vir die galakonser­t en verskeie komposisie­s wat deur die leerders geskryf is, sal ook uitgevoer word.

Uitstaande pianiste, klarinet-, dwarsfluit­en blokfluits­pelers, asook vokaliste gaan deelneem om trofeë en kontantpry­se in die junior en senior afdelings van die kompetisie te wen.

Kaartjies vir hierdie feestelike musiekaand kan aanlyn gekoop word by www. georgemusi­csociety.co.za en is ook by die konsert beskikbaar. Vir meer inligting kontak Sandra by 083 389 2775.

Die organiseer­ders is hierdie jaar baie beïndruk met die kwaliteit en diversitei­t van die inskrywing­s wat harde werk geverg het vir beide die leerders en hul onderwyser­s.

 ??  ?? Een van die groepe, die South Cape Vocal Ensemble, wat aan die oudisies deelgeneem het.
Een van die groepe, die South Cape Vocal Ensemble, wat aan die oudisies deelgeneem het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa