George Herald

Staande applous vir Hallelujah-konsert

- Michelle Pienaar

Die koor en orkes van Carpe Musicam! het toeskouers gaande gehad tydens hul optrede verlede Vrydag in die NG Kerk Denneoord. Die kerksaal, wat bekend is vir 'n ongeloofli­ke akoestiek, het reg laat skied aan die gewyde programkeu­se van die konsert, Hallelujah! Van Pase tot Pinkster.

Met drie staande applouse en verskeie

encores het gaste uiting gegee aan hul ervaring van 'n onvergeetl­ike aand. "Wie sou dink ons het sulke talent hier in George!" het een toeskouer oorbluf gesê, terwyl hy die saal verlaat. Vir die enkele kinders wat die konsert bygewoon het, is dit iets wat hulle vir 'n geruime tyd sal bybly.

Die konsert is verlede Sondag 20 Mei ook in Sedgefield aangebied, waar hulle 'n groot gehoor gelok het. Musieklief­hebbers kan hul derde en laaste konsert eerskomend­e Saterdag (26 Mei) in die Dias-museum op Mosselbaai bywoon.

Die orkes en koor bestaan uit skoolverla­ters, jong volwassene­s, middeljari­ges en afgetreden­es van George. Dit is werklik 'n weerspieël­ing van die gemeenskap se liefde vir klassieke musiek ongeag hul ouderdom of agtergrond.

Jong musikante van die Laerskool GeorgeSuid se ensemble het gaste vroegaand in die regte stemming gebring. Die groep, onder leiding van

Sanri Oosthuizen, het die voorverton­ing aangebied met liedere soos die immergroen Greensleev­es en Kumbaya my Lord.

Die hoofverton­ing deur die orkes en koor van Carpe Musicam! (70 lede in totaal), sluit in werke van Paul Barker (waaronder Festival Fanfare van Millenium Suite en Excelsis Deo), Jack Heyford (Majesty),

Mozart (Ave Verum Corpus) en Handel

(Hallelujah Chorus). Dit is die koor en orkes se eerste uitvoering van 'n werk deur Ludwig von Beethoven en hulle spring weg met Hallelujah! van Christ on the Mount

of Olives. "Niemand sê Hallelujah soos Beethoven nie," het die dirigent, Norman Carless, tydens hul optrede gesê.

Die sopraan, Ninette Smit, en tenoor, Hannes Wannenburg, tree op as soliste.

Kaartjies is Saterdag by die deur beskikbaar. Toegang is gratis vir leerders. Vir inligting stuur 'n e-pos aan Elsabe by elsabe777@gmail.com.

 ??  ?? Die ensemble van Laerskool George-Suid, met Sanri Oosthuizen as dirigent, het gaste van die Hallelujah-konsert vooraf vermaak met hul vertolking van Greensleev­es en Kumbaya my Lord, op die stoep van die NG Kerk Denneoord. Foto’s: Michelle Pienaar See...
Die ensemble van Laerskool George-Suid, met Sanri Oosthuizen as dirigent, het gaste van die Hallelujah-konsert vooraf vermaak met hul vertolking van Greensleev­es en Kumbaya my Lord, op die stoep van die NG Kerk Denneoord. Foto’s: Michelle Pienaar See...
 ??  ?? Die koor van sowat 40-stuks het die gehoor aan hul voete gehad.
Die koor van sowat 40-stuks het die gehoor aan hul voete gehad.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa