George Herald

Disasters neem voortou in rolballiga

-

Jannie Meyer

Disasters se derde ronde in die gewilde Hereford Group & Love 4 Vintage Winterliga vir besigheids­panne van die Outeniqua-rolbalklub was geen ramp nie, want hulle het aan die einde van die reeks die nuwe voorlopers geword.

Dit danksy hul goeie oorwinning oor Bowling Stones. Disasters is nou drie ligapunte voor Mend a Bath, wat in die tweede plek is nadat hulle as die oorwinnaar­s van die baan gestap het teen Boardware.

KTV, wat tans in die derde posisie is, het op hulle beurt weer The Bowlbarian­s 'n rolballes geleer.

Die vierde ronde word vanaand (Donderdag) vanaf 18:00 op die bane van die Outeniqua-rolbalklub in Airwayweg, Heatherpar­k, beslis en die meeste spanne gaan die baan met groot verwagting­e betree.

Alle belangstel­lendes is welkom om die wedstryde gratis by te woon en in die pret te deel. Die klub bied ligte etes te koop aan en 'n kontantkro­eg is ook beskikbaar.

Uitslae:

1 Disasters 38; 2 Mend a Bath 35; 3 KTV 32; 4 Ricoh 29; 5 Vorster Motors 29; 6 Miskruiers 29; 7 Boardware 28; 8 Bowling Stones 28; 9 The Bowlbarian­s 26; 10 Pik 'n Wyn 26; 11 Kommaweer Stoffeerde­rs 25; 12 Supporters 25; 13 Just Property 25; 14 Paintsmith­s 23; 15 4 Musketeers 23; 16 Hot Stuff 21; 17 Jack's Paint & Hardware 20; 18 Bondexcel 20; 19 Hereford Group George 20; 20 GRM & WJC 19; 21 Amec Plastic 15; 22 Finovo 14; 23 Angel's 14; 24 Butz & Gutz 12.

Wedstrydly­s:

Boardware t Bowling Stones; The Bowlbarian­s t Pik 'n Wyn; Kommaweer Stoffeerde­rs t Supporters; Just Property t Paintsmith­s; 4 Musketeers t Hot Stuff; Jack's Paint & Hardware t Bondexcel; Hereford Group George t GRM & WJC; Amec Palstic t Finovo; Angel's t Butz & Gutz; Disasters t Mend a Bath; KTV t Ricoh; Vorster Motors t Miskruiers.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa