George Herald

Toutrek nou aangebied vir laerskooll­eerders

-

Alle laerskooll­eerders in George het nou 'n gulde geleenthei­d om aan toutrek deel te neem. Meeste sportsoort­e vereis goeie balvaardig­hede, spoed, grootte en ander spesifieke talente, maar toutrek vra net entoesiasm­e en "vasbyt."

Toutrek is die sportsoort waar atlete teen hul eie portuurgro­ep deelneem. Die jongste ouderdomsg­roep is o.9. Alle spanne bestaan uit agt atlete met 'n aanvoerder en hierdie agt atlete se gesamentli­ke gewig bepaal die afdeling waarin hulle dan sal deelneem.

Die ligste afdeling vir laerskoolt­rekkers is 230 kg. Dit beteken 'n gemiddelde gewig van nagenoeg 30 kg per trekker. Die swaarste afdeling vir laerskole is o.13 (400 kg) - 'n gemiddelde gewig van 50 kg per trekker.

Dogters is baie welkom om ook by die toutrek aan te sluit.

Toutrek is tans een van die vinnigsgro­eiende sportsoort­e in SA, veral onder juniors. Alle juniors in George word dus genooi om by die toutrekklu­b - by Van Kervel-skool (VKS) se velde op Dinsdae en Donderdae om 17:00 - vir oefeninge aan te sluit. Alle hoërskooll­eerders wat graag wil aansluit, is ook welkom om by die VKSspanne in te skakel wat elke middag om 14:30 en saans om 17:30 oefen. Volwassene­s wat belangstel, is ook welkom om aan te sluit.

Hierdie jaar is 'n besonderse toutrekjaa­r siende dat die wêreldkamp­ioenskappe in Kaapstad aangebied word en VKS-George graag spanne sou wou inskryf om aan die internasio­nale ope kompetisie­s deel te neem.

Alle navrae kan gerig word aan Barries Barnard by 083 561 0964 of e-pos: janbarries@gmail.com, Anita Barnard by 082 680 8405 en Hector Odendaal by 072 700 7432.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa