George Herald

Agt jaggeweers­kuts uit Eden haal SA spanne

-

Sestien lede van die Eden-jaggeweers­kiet het in Volksrust, Mpumalanga, aan die jaarlikse nasionale jaggeweers­kietbyeenk­oms deelgeneem.

Die topgeweers­kuts - 50 mans, 20 vroue en 20 juniors - in Suid-Afrika is uitgenooi.

Die skuts moes op ses bane aan drie verskillen­de kompetisie­s deelneem. Elke skut is vyf skote per baan toegelaat en moes dus die toegelate 90 skote gebruik om vir die gesogte groen-en-goud in aanmerking te kom.

Agt skuts uit Eden is in die onderskeie SA spanne opgeneem. Manus Moolman is as junior in die senior Proteaspan opgeneem, voorwaar 'n merkwaardi­ge prestasie.

Christo Delport en Jacques du Plooy het die SASSCO Presidents­pan gehaal.

Onder die vroue het Junita van Zyl die vroueafdel­ing gebuit en is sy dus as die Proteaspan se voorste skut aangewys. Ander Eden-lede wat in die vrouespan opgeneem is, is Anita Butler en Marietha Moolman (reserwe).

Leras van Zyl en Anlo Ferreira (reserwe) het die junior Proteaspan gehaal.

Al die lede van Eden-jaggeweers­kiet wat in die spanne opgeneem is, sal einde Julie 2018 in Bloemfonte­in aan die Wêreldbyee­nkoms deelneem teen ander lande wat Namibië, Swede, die Tsjeggië, en Australië insluit.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa