George Herald

Vyftigtall­e vir George teen NMU Saasveld

-

George-rugbyklub se eersteen tweedespan in verlede

Saterdag se Presidents­liga (Kusstreek) teen NMU vyftigtall­e behaal.

Die eerstes het NMU in 'n aanskoulik­e en klipharde wedstryd met 58-29 geklop en altesame nege drieë gedruk. Vir George het Adrian Maduna (vleuel), Nathan Church (senter), Johan van Wyk (vleuel), Nathan Scott (losskakel), Jeromius Claasen

(flank), Leon Swart (slot) en Brandon Pienaar (stut) elk een drie gedruk terwyl Jerome Claasen (flank) twee keer agter die doellyn gaan draai het.

Claasen het uitgeblink in alle fasette en sy teenstande­rs met sy harde duikslae en sterk lopies laat bontstaan. Die slotte, Leon Swart en Jacques Bothma, het telkemale hul teenstande­rs se balle in die lynstane gewen.

George se skrumwerk was ook puik met die stutte Brandon Pienaar en Leandrè Meyer voor in die koor.

Al die agterspele­rs het uitgeblink. Nathan Scott het 18 punte (1 drie, 5 doelskoppe en 1 strafskop) aangeteken.

George se tweedes het NMU met 56-0 kafgedraf en 10 drieë gedruk. Hulle is nou in die eerste plek in dié liga met nog 'n ekstra wedstryd in die hand.

Die driedrukke­rs was Johan Willemse (heelagter; 2), Reginald Jonck (vleuel; 2), Wynand van den Berg (vleuel; 2), Steven Horne (senter), Kotie Liebenberg (stut), JP Marshalle (slot), Devon Lee (skrumskake­l) terwyl Lee ook met een doelskop geslaag het en Whayne van Wyk en Eugene Heyneke met een doelskop elk.

Saterdag kom George teen Eagle Stars op Outeniquap­ark te staan.

Die program is as volg:

14:15 - George B vs Eagle Stars B 16:00 - George A vs Eagle Stars A.

 ??  ?? Nathan Church, senter van George se eerste rugbyspan, het een van sy span se nege drie gedruk. Nathan Scott (losskakel) het 18 punte aangeteken en George gehelp om NMU met 58-29 te klop.
Nathan Church, senter van George se eerste rugbyspan, het een van sy span se nege drie gedruk. Nathan Scott (losskakel) het 18 punte aangeteken en George gehelp om NMU met 58-29 te klop.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa