Hoekwil-padwedlope lok 397 deelnemers
André Stander
Die Hoekwil-padwedlope, wat Saterdagoggend by die NG Kerk, Die Vleie, begin en geëindig het, het 397 deelnemers gelok.
Die padwedlope is deur Cape Multisportklub Eden aangebied.
Die halfmarathon (21,1 km) is deur die Nedbank-atlete, John April (1:14.49), meester Lindile Tokota (1:18.06) en Melikhaya Msizi (1:20.36), van Knysnamarathonklub, oorheers.
Die eerste vrou oor die wenstreep was Melissa van Rensburg (1:32.20) van Nedbank. Die veteraan, Lisl Grobbelaar (1:42.15) van Knysna-marathonklub en grootmeester, Annatjie Botes (1:42.58) van Nedbank, het Melissa gevolg.
Donovan Jantjies (33:56), Francois Maquassa (34:26) en Anderson Ncube (35:24), almal van Nedbank, was baas in die 10 km-wedloop.
Die opeafdeling vir vroue is ook deur die Nedbank-atlete Britney-Ann Meyer (43:32), Anastasia Plaatjies (44:41) en Candice van Beulen (47:03) ingepalm.
Kategoriewenners (21,1 km):
Opemans:
1. John April (1:14.49), 2. Lindile Tokota (1:18.06) beide Nedbank SWD, 3. Melikhaya Msizi, Knysna-marathonklub (1:20.36).
Veteraan:
Mxolisi Fana, Outeniqua Harriers (1:21.38). Meester:
Lindile Tokota, Nedbank SWD (1:18.06). Grootmeester:
Sidwell Oktober, Rainbow-atletiekklub (1:48.07)
Groot-grootmeester:
Michael Brewis, Knysna-marathonklub (1:51.12).
Junior:
Mosuli Plaatjie, Knysna-marathonklub (1:32.22)
Opevroue:
1. Melissa van Rensburg, Nedbank SWD (1:32.20), 2. Lisl Grobbelaar, Knysnamarathonklub (1:42.15), 3. Annatjie Botes, Nedbank SWD (1:42.58).
Veteraan:
Lisl Grobbelaar, Knysna-marathonklub (1:42.15) Meester: Allison Jordaan, Nedbank SWD (1:48.07) Grootmeester: Annatjie Botes, Nedbank SWD (1:42.58). Grootgrootmeester: Ester Oosthuizen, Hartenbos
Drawwers (2:42.58).
Kategoriewenners (10 km):
Opemans:
1. Donovan Jantjies (33:56), 2. Francois Maquassa (34:26),
3. Anderson Ncube (35:24) almal van Nedbank SWD. Veteraan:
Wouter Frasenberg, Outeniqua Harriers (36:46).
Meester:
Alfred Nise, Knysna-marathonklub (44:20).
Grootmeester:
Patrick Rawlins, Outeniqua Harriers (47:25). Groot-grootmeester:
Mike Derbidge, Knysna-marathonklub (54:18).
Junior:
Christiaan Lingerveldt, Nedbank SWD (36:00).
Opevroue:
1. Britney-Ann Meyer (43:32), 2. Anastasia Plaatjies (44:41), 3. Candice van Beulen (47:03) almal Nedbank SWD.
Veteraan:
Tanya Osborn, Outeniqua Harriers (57:36) Meester:
Sharon Losper, Nedbank SWD (57:11) Grootmeester:
Mariet Horn, Knysna-marathonklub (1:04.38).
Groot-grootmeester:
Dolla Geldenhuys, Ceres-atletiekklub (1:17.15)
Junior:
Britney-Ann Meyer, Nedbank SWD (43:32). Die legendariese Leon Nel het gewys dat hy op 65-jarige ouderdom nog flink kan saamdraf.