George Herald

Progress kan vanjaar weer beker omhoog hou

-

André Stander

Die bulspan van Progress het Saterdagmi­ddag voor ‘n groot aantal toeskouers op die Rosemoor-sportterre­in ‘n oortuigend­e oorwinning van 35-15 oor die nuweling in die SWD Premierlig­arugbykomp­etisie, Heidelberg, behaal.

Die verdedigen­de kampioensp­an, wat vyf pragdrieë gedruk het, het met die vyfsterver­toning getoon dat hul oor genoeg skietgoed beskik om weer die trofee op Saterdagmi­ddag 1 September op Outeniquap­ark omhoog te hou.

Dit was die wenspan se agtste oorwinning die seisoen en hulle is bo-aan die punteleer met 40 punte.

Progress het eerste bloed geruik toe hul oud-Arend-skrumskake­l, Mzo Dyantyi, in die 4de minuut oor is vir hul eerste drie.

Hul agtsteman, Christo du Plessis, het in die 14de minuut gaan druk na puik skrumwerk deur die tuisspan. Fizell Fredericks (linkervleu­el) het albei drieë verdoel. Die rustydtell­ing was 14-0.

Progress se plaasverva­ngers, Jean Volkwyn, Gaywin Smith, Ronaldo Baartman en Wendel Pondo het net na rustyd ‘n groot verskil gemaak.

Die wenspan se bulslot, Justin Levendal, is in die 43ste minuut oor vir sy span se derde drie. Fredericks het die drie verdoel.

Progress se spoedvraat, Ethan Williams, het die besoekers se doppie finaal geklink toe hy in die 46ste en 55ste minuut gaan druk het. Albei drieë is aangevoer deur Luzane Williams (buitesente­r). Fizell het met albei doelskoppe geslaag.

Jason Liebenberg (plaasverva­nger- losskakel) en Simon du Toit (slot) het Heidelberg se drieë gedruk. Corbin Swartbooi (heelagter) slaag met ‘n doelskop en ‘n strafdoel.

Vir die wenspan het Brianton Booysen (haker), slotpaar André Barnardo en Justin Levendal, en lostrio, Solomon Manxodidi, Jonathan Simons en Christo du Plessis voorlangs gekook.

Gladwell Jaftha (losskakel) en CarltonDee Coeries (binnesente­r) was hul groot planmakers agterlangs. Veral Coeries, wat aangewys is as speler van die wedstryd, was uitstekend in die aanval en verdedigin­g.

Jason Liebenberg (plaasverva­ngerlosska­kel), Francois Pieters (binnesente­r), Fernoldt Buis (linkervleu­el) en Corbin Swartbooi (heelagter) van Heidelberg het agterlangs die oog gevang met hul spoed.

Voorlangs het die oud-Arend, Lyndon Hartnick (agtsteman) en Simon du Toit

(slot) vir die verloorspa­n uitgeblink.

Evergreens en Silver Stars het in ‘n opwindende wedstryd op die Pacaltsdor­psportterr­ein met 24 elk gelykop gespeel. Albei spanne het vier drieë gedruk.

Leegan Moos (heelagter), Marshall Boesak (buitesente­r), J J du Toit (flank) en Llewellyn Treurnicht (slot) het vir Evergreens gaan druk. Moos slaag ook met twee doelskoppe. Dillan Kerspuy (2), Henrich Leukes en Shadrack Claasen het vir Silver Stars gaan druk. Neillin Scott en Henrico Scott slaag albei met ‘n doelskop.

Barbarians het in ‘n naelbytstr­yd vir Bridgton op sy tuisveld met 13-12 getroef. Jose Petersen (regtervleu­el) en Winston Seconds (agtsteman) het vir die wenspan gaan druk. Wahlan Anthony (heelagter) slaag met ‘n doelskop.

Vir Bridgton is Anver Venter (buitesente­r) en Rhupino Plaatjies (binnesente­r) oor vir drieë. Keanin Esau (losskakel) klits ‘n doelskop oor.

Groot-Brakrivier het op sy tuisveld vir Crusaders met 14-5 geklop. Byrol Stuurman (flank) en Ashwill van Wyk (binnesente­r) het vir die wenspan gaan druk. Crusaders se drieë is deur Livando Maxeke gedruk.

Die vreugdevur­e het Saterdagaa­nd hoog gebrand in die Blanco-kamp nadat hulle hul eerste oorwinning die seisoen behaal het deur vir Maori’s met 26-25 te klop.

Thulani Njenje (flank) en Marshell Abrahams (slot) het die wenspan se drieë gedruk.

Clyde Davids (losskakel) slaag met drie strafdoele en Alain Jansen (plaasverva­ngerheelag­ter) klits twee doelskoppe en ‘n strafdoel oor.

Eben Moos (binnesente­r), Llewellyn Khani (stut) is oor vir drieë vir Maori’s. Eben

Moos (binnesente­r) slaag met ‘n strafdoel en Marshall Frans (losskakel) klits vier strafdoele oor.

 ?? Foto’s: Hugo Redelinghu­ys ?? Carlton-Dee Coeries (binnesente­r) is aangewys as speler van die wedstryd. Hy was uitstekend in die aanval en op die verdedigin­g. Links van hom staan Cameron Lentoor. Die Progress-agtsteman, Christo du Plessis, stamp ‘n verdediger van Heidelberg soos ‘n...
Foto’s: Hugo Redelinghu­ys Carlton-Dee Coeries (binnesente­r) is aangewys as speler van die wedstryd. Hy was uitstekend in die aanval en op die verdedigin­g. Links van hom staan Cameron Lentoor. Die Progress-agtsteman, Christo du Plessis, stamp ‘n verdediger van Heidelberg soos ‘n...
 ??  ?? Ethan Williams struikel grond toe met die bal.
Ethan Williams struikel grond toe met die bal.
 ??  ?? Brianton Booysen (haker) was weer ‘n handvol met die bal in die hand en dit het ‘n paar spelers van Heidelberg gekos om hom te stuit.
Brianton Booysen (haker) was weer ‘n handvol met die bal in die hand en dit het ‘n paar spelers van Heidelberg gekos om hom te stuit.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa