George Herald

Ma van twee sterf na motorongel­uk

- Kristy Kolberg

Die lewe van ‘n jong ma van Pacaltsdor­p, Alvinia Draai (29), is Saterdagaa­nd kortgeknip ná die motor waarin sy ‘n passasier was, ‘n verkeersli­g in Beachweg getref het.

Draai, ‘n vriendin en die manlike bestuurder van die rooi motor waarin hulle gery het, was na bewering op pad terug huis toe vanuit George toe die ongeluk omstreeks 23:30 by die Rosedale/ Delville park verkeersli­g plaasgevin­d het.

Draai en die ander passasier is met ernstige beserings na die George-hospitaal geneem. Sy het Maandagogg­end aan haar wonde beswyk. Die ander passasier sterk aan in die hospitaal.

Volgens Pacaltsdor­p-polisie se kommunikas­ie beampte, sers. Shadelle Fisher, is die bestuurder van die voertuig vir dronkbestu­ur in hegtenis geneem. ‘n Klag van strafbare manslag sal na dese ook teen die bestuurder van die voertuig aanhangig gemaak word. Hy is nie in aanhouding nie en sal volgens Fisher na verwagting volgende maand in die hof verskyn wanneer sy bloedtoets uitslae bekend is.

Volgens Draai se oom, Karel Matolla, sal sy onthou word as ‘n baie nederige, liefdevoll­e mens met ‘n goeie sin vir humor. “Sy het altyd ‘n glimlag op haar gesig gehad, maklik vriende gemaak en almal wat haar ontmoet het, het vinnig aan haar geheg geraak. Sy was altyd daar om net die beste te gee. Sy was soos my eie kind en nie my suster se kind nie. My twee seuns het haar gesien as hul eie sussie,” sê hy.

Hy versoek ook dat die verkeersli­g waarin die voertuig vasgery het, so spoedig moontlik vervang word. “Dis nie mooi om te aanskou as ek daar verbyry nie. Die verkeersli­g lyk hartseer as jy na dit kyk. Ek persoonlik sal daarvan hou as die munisipali­teit dit so gou moontlik kan regmaak asseblief.” Draai laat haar ouers, drie susters, haar twee dogters, Alvidene (7) en Rushaan (8 maande) en haar kêrel Ricardo Majola agter.

Sy sal volgende Saterdag 18 Augustus in Pacaltsdor­p ter ruste gelê word. Die huisdiens begin om 09:00 en sal gevolg word deur ‘n kerkdiens by die Pacaltsdor­p Congregati­onal Church om 10:00.

 ??  ??
 ?? Foto: ER24 ??
Foto: ER24
 ??  ?? Nooddienst­e op die toneel Saterdagaa­nd kort na die ongeluk wat Alvinia Draai se lewe geëis het. INLAS: Alvinia Draai (29), ‘n ma van twee dogtertjie­s, sal deur haar familie en vriende as ‘n liefdevoll­e mens met ‘n goeie sin vir humor onthou word.
Nooddienst­e op die toneel Saterdagaa­nd kort na die ongeluk wat Alvinia Draai se lewe geëis het. INLAS: Alvinia Draai (29), ‘n ma van twee dogtertjie­s, sal deur haar familie en vriende as ‘n liefdevoll­e mens met ‘n goeie sin vir humor onthou word.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa