George Herald

Wag red vrou se lewe

- Kristy Kolberg

Die wakker sekerheids­wag by Groenkloof Woods-aftreeoord het waarskynli­k Maandagaan­d, 6 Augustus ‘n bejaarde vrou (73) se lewe gered ná sy omstreeks 17:30 deur ‘n man in haar huis oorval en aangerand is. Volgens sers. Michael Opperman, kommunikas­iebeampte van die Georgepoli­sie, het die vrou na sy gaan stap het die verdagte in haar huis betrap.

Die verdagte het die vrou, wat alleen bly, met ‘n vuurwapen oor die kop, nek, rug en ribbes geslaan en haar na bewering gedwing om met haar voertuig by die kompleks uit te ry terwyl hy agter in die motor weggekruip het.

Die sekerheids­wag by die hek het bloed op die vrou se klere opgemerk, snuf in die neus gekry en die man agter in die motor sien lê. Die verdagte het uit die motor gespring en te voet gevlug. Die sekerheids­wag het die verdagte agternages­it, maar kom hom nie vastrek nie. Lede van die Bergsig-buurtwag en die polisie is ook na die toneel ontbied.

Die slagoffer is na die George-hospitaal geneem en sterk tans aan in die Groenkloof sorgeenhei­d.

Dit is nog onbekend hoe die verdagte toegang tot die oord verkry het.

Teen druktyd het die George Herald nog geen terugvoer op navrae aan Groenkloof se bestuur ontvang nie. Daar is wel in 'n omsendbrie­f aan die inwoners van Groenkloof deur die besturende direkteur van die landgoed, Jan Pienaar, genoem dat die polisie die voorval ondersoek en dat hulle saam met Suiderkrui­s-sekuriteit werk om die verdagte so gou moontlik vas te trek. "Ons vra vir u geduld in hierdie verband en sal inwoners in kennis stel sodra daar meer inligting is. Elke inwoner se veiligheid is vir ons belangrik," sê hy in die brief. Volgens Danie Schmidt, die bestuurder van nabygeleë landgoed, Kraaibosch Manor en Kraaibosch Estate, het hulle dadelik na hulle van die aanval te hore gekom het, addisionel­e wagte by Kraaibosch Manor geplaas. "Ons wou seker maak dat niemand van Groenkloof se kant af deur ons heining kom nie. Buiten die twee wagte wat reeds aan diens was, het ons twee honde en hul hanteerder­s, asook drie addisionel­e wagte, waarvan twee gewapen was, op perseel gehad. ADT-sekuriteit het ook 'n voertuig binne Kraaibosch gehad tot Dinsdagogg­end," het hy by navraag gesê. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

 ?? Foto: Kristy Kolberg ?? ‘n Wakker sekerheids­wag van Suiderkrui­s-sekuriteit wat Maandagaan­d by Groenkloof Woods-aftreeoord aan diens was, het heel waarskynli­k ‘n 73-jarige inwoner van die oord se lewe gered ná sy deur ‘n inbreker by haar huis oorval en aangerand is.
Foto: Kristy Kolberg ‘n Wakker sekerheids­wag van Suiderkrui­s-sekuriteit wat Maandagaan­d by Groenkloof Woods-aftreeoord aan diens was, het heel waarskynli­k ‘n 73-jarige inwoner van die oord se lewe gered ná sy deur ‘n inbreker by haar huis oorval en aangerand is.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa