George Herald

Vrou kry 20 jaar vir man se moord

- Kristy Kolberg

'n Vrou van Borcherds, Sophie Saaiman (46), is Vrydag 27 Julie tot 20 jaar tronkstraf in die Thembaleth­u-streekhof opgelê vir die moord op haar kêrel, Johannes de Kock (55).

Die voorval het in Desember 2016 in Nelstraat, Borcherds, plaasgevin­d.

Volgens Conville-polisie se stasiebeve­lvoerder, kolonel AB Kriga, het die oorledene se dogter, Priscilla, wat in 'n ander huis op dieselfde erf as haar pa gewoon het, haar pa en Saaiman die aand van sy dood hoor baklei. Dit het stilgeraak en sy het kort daarna gesien dat Saaiman die perseel verlaat.

Kriga sê De Kock se liggaam is die volgende oggend om 10:20 in sy huis gevind. De Kock is met 'n kombuismes in die bors gesteek. Pricilla het die polisie in kennis gestel, maar met nooddienst­e se aankoms is De Kock op die toneel dood verklaar. Saaiman is, twee ure na die voorval aangemeld is, in hegtenis geneem. Sy is nie borgtog toegestaan nie en is in aanhouding sedert 11 Desember 2016.

Die saak het voor streekland­dros Pumela Yono gedien en Karen Barnard was die staatsaank­laer.

*A woman, Sophie Saaiman (46), was sentenced to 20 years direct imprisonme­nt for the murder of her boyfriend, Johannes de Kock, in Borcherds in 2016. Saaiman was sentenced on Friday 27 July. She was denied bail and has been in custody since the day of her arrest on 11 December 2016. De Kock's body was found in his home. He had been stabbed in his chest with a kitchen knife.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa