George Herald

Polisie waarsku oor toename in bedrog in middedorp

-

Kristy Kolberg

Bedrog in die middedorp is aan die toeneem en lede van die gemeenskap word gemaan om hierteen waaksaam te wees.

Volgens George-polisiesta­sie se kommunikas­iebeampte, sers. Michael Opperman, het bedrog in die sakekern die afgelope drie maande (April, Mei en Junie) 'n skerp toename getoon in vergelykin­g met verlede jaar. "Mense moet hulle nie laat vang deur enige beloftes van 'n winskopie nie," sê hy.

Sosiale media

Sosiale media blyk dit makliker te maak vir booswigte om mense om die bos te lei. "Onskuldige mense word op een of ander manier gelok deur middel van advertensi­es op webtuistes, sosiale platforms, telefoonop­roepe en SMS’e wat dan gepaard gaan met 'n verneukspu­l en tot bedrog lei. Niemand is te slim om 'n slagoffer te word nie," sê Opperman.

Besighede 'n teiken

Volgens Opperman is daar deesdae al hoe meer besighede wat deurloop. Hy sê dat gevalle waar mense items by besighede bestel en betaal en dan weer die geld uit die besigheid se rekening onttrek wanneer die item afgelewer is, steek ook nou kop uit.

Hy sê dit is belangrik om die identiteit van die koper vas te stel voor enige transaksie­s plaasvind.

"Groot bestelling­s word by byvoorbeel­d meubelwink­els geplaas, maar die identiteit van koper word nie deeglik vasgestel nie," sê hy.

Mense sien ook winskopies op sosiale media-platforms en maak kontak met die adverteerd­er sonder om die persoon se identiteit te bevestig. Wanneer die betaling geskied verdwyn die adverteerd­er eenvoudig met die produk en die geld.

Wenke

Voor enige transaksie plaasvind, maak seker van die volgende:

Bevestig die identiteit van die persoon of besigheid, kontakbeso­nderhede en adres

Moenie persoonlik­e besonderhe­de soos bankbesond­erhede en PIN-nommers uitgee nie

Lees die fynskrif. Met die druk van 'n knoppie op ‘n webblad kan jy al jou geld verloor

Moenie items koop wat jy nie self gesien het nie. Reël liewers om die verkoper te ontmoet of stuur iemand betroubaar om die produk te besigtig

Vir verdere inligting kan adjudant-offisier, Tommie Fortuin, by die polisie se plaaslike misdaadinl­igtingsent­rum by 044 803 4719 geskakel word.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa