George Herald

Mans aangerand by stortingst­errein

-

Kristy Kolberg

Die eienaar van 'n tuindienst­emaatskapp­y, wat daagliks by die stortingst­errein in George 'n draai maak vir sy werk, is huiwerig om sy werk voort te sit ná hy en 'n werknemer na bewering op die perseel aangerand is.

Hannes Botha (68) sê hy moet daagliks materiaal by die stortingst­errein aflaai.

Op die dag van die voorval, Woensdag 25 Julie, wou Botha en sy werknemer, Pieter le Roux, oudergewoo­nte 'n vrag rommel gaan aflaai.

"Dit was net ná 10:00 die oggend. Ons was tiep toe om die waentjie af te laai en met ons aankoms was daar omtrent 10 of 15 mense wat kom help het. Daar het stukke staalpyp op die waentjie gelê wat ek vir Pieter gegee het. Een van die mans wat ons help aflaai het, het die pype gesien en wou dit vat. Pieter het hom probeer stop, maar die man wou nie luister nie," vertel Botha. Volgens hom het daar 'n onderonsie tussen die twee mans ontstaan waarna die verdagte Le Roux met een van die pype bygedam het. "Ek het tussen beide getree en hy [die verdagte] het my in die bors gesteek met iets wat ek na die tyd agtergekom het 'n mes was."

Na die verdagte Botha met die mes gesteek het, het hy na bewering om die waentjie gestap en Le Roux verder met die staalpyp aangerand en ook met die mes gedreig. "Ek het na Pieter geroep en gesê om in die bakkie te klim waarna ons vir ons lewens gevlug het." Albei is vandaar hospitaal toe waarna hulle 'n klag by die polisie ingedien het.

Later in die hospitaal het 'n verpleegsu­ster vir Botha gesê dat die mes sy hoofslagaa­r met sowat 2 mm gemis het.

'n Verdagte, Isaac (Klasie) Hartzenber­g (28) is verlede naweek in verband met die voorval in hegtenis geneem en het Maandag in die George-landdrosho­f, op 'n aanklag van aanranding met die doel om ernstig te beseer, verskyn. Die saak is tot 13 Augustus uitgestel. Hy is steeds in aanhouding.

"Ek vra die munisipali­teit om ons veiligheid by die stortingst­errein 'n prioriteit te maak. Daar is wagte bo by die hek, maar toe ons daar was, was daar geen wagte onder waar jy jou rommel afgooi nie. Ná die voorval het ek die sekerheids­wagte in kennis gestel waarna hulle ondersoek ingestel het," sê Botha.

 ?? Foto: Kristy Kolberg ?? Botha is deur die verdagte met ‘n mes in die bors gesteek.
Foto: Kristy Kolberg Botha is deur die verdagte met ‘n mes in die bors gesteek.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa