George Herald

Komposisie­s première by 10de Klassique

-

Klein Karoo Klassique, Oudtshoorn se fees van klassieke musiek, kuns, kos en wyn word van Donderdag 9 tot Sondag 12 Augustus aangebied. Verskeie komposisie­s première vanjaar by die tiende Klein Karoo Klassique.

Hieronder tel ‘n voorsmakie van MISA, ’n nuwe mis met ’n Suid-Afrikaanse invloed. Dié projek is vir uitvoering­s by verskeie feeste en teaters in 2019 ontwikkel onder die kreatiewe leiding van Marthinus Basson. Antjie Krog is die teksskrywe­r en Antoni Schonken die komponis. Lede van die Kaapse Operakoor, Thando Mjandana, Ané Pretorius en Cecilia Rangwanash­a sluit by Krog en Basson aan. MISA is Donderdag 9 Augustus om 18:00 te sien.

In The New Old - Die nuutheid van oudheid, bring Mareli Stolp (klavier), Waldo Alexander (viool) en Morné van Heerden (klarinet) twee nuwe SuidAfrika­anse werke vir die eerste keer na die verhoog. Arthur Feder se Rhapsody is gekomponee­r as opdragwerk vir Samro en Clare Loveday se Clarinet Trio 1 is moontlik gemaak deur die Africa Open Institute for Research and Innovation.

Ook op die program is Igor Stravinsky se gewilde L’Histoire du Soldat. Hierdie uitvoering word Vrydag 10 Augustus om 14:30 aangebied.

Hugo Theart, waarnemend­e uitvoerend­e hoof van Kunste Onbeperk, sê die organiseer­ders, en kunstenaar­s is opgewonde om groot gehore op Oudtshoorn te ontvang. “Kaartjieve­rkope dui daarop dat die musiekuitv­oerings baie goed ondersteun gaan word. Ter viering van Klassique se tiende verjaarsda­g, is die fees een dag langer en bied ons tien uitvoering­s aan, teenoor die agt van verlede jaar. Na die sukses van die laataand uitvoering­s in Die Windpomp Restaurant­teater word dié program ook uitgebou na drie optredes, teenoor verlede jaar se twee,” sê Theart.

Volgens Theart was daar vanjaar twee afslagpakk­ette vir Klassique beskikbaar. “Die eerste pakkette het blitsvinni­g uitverkoop en ons het besluit om ’n tweede pakket beskikbaar te maak. Hierdie pakket gee aan feesganger­s die geleenthei­d om elke noot van die hoofprogra­m te hoor, teen ’n besparing van R200.”

‘n Hoogtepunt is Night at the Opera deur die Charl du Plessis Trio. Hulle open die musiekprog­ram in die NG Moederkerk Donderdagm­iddag om 14:30. Dit is ’n unieke reis met geliefde opera-arias uit Die

(Der Hölle Rache), Rigoletto (La donna è mobile), (E lucevan le stelle) en ander.

Pakkette kan by Computicke­t bespreek word en bespreking­s vir vertonings kan ook by 044 203 8600 of info@kunste.org.za gemaak word. Enige beskikbare kaartjies sal voor elke vertoning ook by die deure verkoop word.

 ??  ??
 ??  ?? Ané Pretorius
Ané Pretorius
 ??  ?? Antjie Krog
Antjie Krog
 ??  ?? Cecilia Rangwanash­a
Cecilia Rangwanash­a
 ??  ??
 ??  ?? Thando Mjandana
Thando Mjandana
 ??  ?? Mareli Stolp
Mareli Stolp
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa