George Herald

Honderde by sitting oor grondontei­ening

-

Garnett Wicomb & Hannes Visser

Honderde mense van die Groter Oudtshoorn asook plekke soos George, Mosselbaai en Groot-Brakrivier, het verlede Woensdag, 1 Augustus, die Nevada-gemeenskap­saal in Bongolethu volgepak vir die eerste sitting in die WesKaap oor die moontlike hersiening van Artikel 25 van die Grondwet.

Die waarde van die sittings word egter nou deur opposisiep­artye bevraagtek­en nadat president Cyril Ramaphosa verlede Dinsdagaan­d, 31 Julie, aangekondi­g het die ANC het reeds besluit dat hulle 'n wysiging van die grondwet gaan aanvra.

Bonginkozi Madikizela, die DA-leier in die Wes-Kaap, het Woensdag gesê hulle wil weet waarom daar met sittings voortgegaa­n word as die ANC reeds besluit het wat hulle gaan doen. Volgens hom is die Wes-Kaap die enigste provinsie waar grondhervo­rming tot dusver suksesvol toegepas is met 'n suksessyfe­r van 62% teenoor die 9% van die res van die land.

Verskeie sprekers het Woensdag hulle menings ten opsigte van grondontei­ening sonder vergoeding gelug. Volgens Kitty Jacobs van Warmbad, ondersteun sy die wysiging van Artikel 25 omdat die meeste plaaswerke­rs in haglike toestande woon.

Sydney Opperman, van Oudtshoorn en voormalige parlements­lid, het gesê die aankondigi­ng van Ramaphosa oor grondontei­ening voordat die openbare sittings daaroor afgehandel is, is 'n belediging. Hy wou weet wat die doel van die proses dan is. Volgens hom sal dit ook nie 100% wees voordat die inheemse mense erken word nie.

James Jacobs, Khoi-stamhoof van Huis Herandien op Zoar, het gesê die Wes-Kaapse regering het 'n eensydige beskouing en gebruik steeds die apartheids­wetgewing om die Khoi uit te verkoop. "Die president het nou die geleenthei­d om die Khoi se grond terug te gee," het Jacobs onder groot applous gesê.

'n Spreker van George, Keith Sharpe, het gesê die land benodig eerder wetgewing om korrupsie hok te slaan en die miljoene rande wat net verdwyn het, terug te kry.

Julian Klassen, ook van George, het gesê Suid-Afrika het ontaard in "varkhok armoede".

"Ons het onafhankli­kheid, maar nog nie vryheid. Mense word nog steeds net uit hul huise gesit en moet in haglike toestande woon. Talle sonder toilette."

Celia le Roux, 'n boer van Vlakteplaa­s, het gesê: "My voorouers het ons plaas gekoop, nie gekry nie. Die Grondwet is reg soos dit nou is. Korrupsie is die groot probleem. Volgens haar is 25% van die land se grond reeds in staatsbesi­t. "Hoekom nie dit verdeel nie," wou sy weet.

Sien ook 'n video van Tertuis Simmers, inwoner van die Suid-Kaap en DA-lid in die wetgewer, by die sitting by www. georgehera­ld.com.

 ??  ?? Sien ‘n video by www.georgehera­ld.comKeith Sharp
Sien ‘n video by www.georgehera­ld.comKeith Sharp
 ??  ?? Julian Klassen
Julian Klassen

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa