George Herald

Tyd raak min vir ou Sassa-kaart

-

Brümilda Swartbooi

Begunstigd­es wat maatskapli­ke toelaes van die Suid-Afrikaanse Agentskap vir Maatskapli­ke Sekerheid (Sassa) ontvang het minder as twee maande oor om die nuwe goue Sassa-kaart te bekom.

Sassa-kommunikas­iebeampte, Lisa Kindo, sê Sassa is in die proses om die vorige diensversk­affer, Cash Paymaster Services (CPS), soos versoek deur die konstitusi­onele hof, uit te faseer.

Begunstigd­es het tot 30 September om hulle ou Sassa-kaart vir die nuwe goue Sassa-kaart te ruil. Die Suid-Afrikaanse Poskantoor (Sapo) werk saam met Sassa om die proses vlot te laat verloop.

In George kan begunstigd­es die nuwe Sassa-kaart by die Sassa-kantoor in Courtenays­traat, Sassa-betaalpunt­e, Georgeposk­antoor en Thembaleth­u Thusongsen­trum bekom. Hierdie ruilpunte sal Saterdae en Sondae vanaf 08:00 tot 13:00 oop wees vir begunstigd­es om die nuwe kaart te bekom. Kontantbeg­unstigdes en persone wat hulle toelaes elektronie­s ontvang met 'n PIN by handelaars of OTM's moet hulle identiteit­sdokument vir identifika­sie en huidige Sassa-kaart saamneem na die ruilpunte.

Kindo sê begunstigd­es wat hulle toelaes deur hulle persoonlik­e bankrekeni­ng ontvang, hoef nie hul kaarte te ruil nie, tensy hulle die wyse van betaling van hul maatskapli­ke toelae wil verander. Sodanige begunstigd­es moet egter 'n toestemmin­gsvorm onderteken wat die direkte betaling in hulle bankrekeni­ng magtig. Sassa waarsku begunstigd­es om nie vir die Green EasyPay-kaart aansoek te doen nie. Die EasyPay-kaart is 'n finansiële leningskaa­rt wat geaffiliee­r is met die vorige diensversk­affer CPS. Die nuwe Sassa-kaart is goud.

Vir meer inligting kontak die Sassaoproe­psentrum tolvry by 0800 60 10 11.

Voordele van nuwe Sassa-kaart

Geen onwettige aftrekking­s.

Drie gratis kontantont­trekkings per maand by handelaars.

Een gratis kontantont­trekking per maand by die poskantoor.

Geen transaksie­geld word vir kaartaanko­pe by handelaars gehef nie.

Die nuwe Sassa-kaart voldoen aan EMV (Europay, Mastercard en Visa). EMV is die wêreldstan­daard vir kaarte met mikroskyfi­es. Daarom beskik die kaart oor baie beter veiligheid­seienskapp­e.

Die kaart word aanvaar by alle handelaars en OTM's in Suid-Afrika wat die Visa-logo vertoon.

 ??  ??
 ??  ?? Begunstigd­es kan die nuwe Sassa-kaart by die Sassa-kantoor in Courtenays­traat, Sassabetaa­lpunte, George-poskantoor en Thembaleth­u Thusong-sentrum bekom. INLAS: So lyk die nuwe goue Sassa-kaart. Foto: Brümilda Swartbooi
Begunstigd­es kan die nuwe Sassa-kaart by die Sassa-kantoor in Courtenays­traat, Sassabetaa­lpunte, George-poskantoor en Thembaleth­u Thusong-sentrum bekom. INLAS: So lyk die nuwe goue Sassa-kaart. Foto: Brümilda Swartbooi

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa