George Herald

Trekker ry vir Kansa

-

Die ‘old lady’ oftewel die pienk trekker van die George-veteraantr­ekkers het Dinsdagogg­end uit George na Riviersond­erend vertrek om geld, ten bate van Kansa, in te samel vir Vrouedag. Marius Stander en 'n paar vriende van die Georgevete­raantrekke­rs sê hulle doen dit ten bate van Cancervive.

Vir hulle is dit belangrike­r om 'n verskil te maak, mense bewus te maak en in die proses geld te in vir die projek.

Stander sê elk van hulle gaan 'n beurt kry om te ry. Die groep het omstreeks 09:00 weggetrek by die George-hospitaal en gaan 'n paar stoppe langs die pad maak.

Mosselbaai en Albertinia is van die eerste stoppe en mense is welkom om foto's saam met die span en die trekker te neem.

Daar is ook 'n groot melkkan agterop die trekker waar donasies ingegooi kan word.

Frieda Henning van Cancervive, vir wie die geld ingesamel word, sê hulle fokus is eerstens om mense in te lig en om inligting omtrent die belangrikh­eid van vroeë opsporing deur te gee.

"Dit kan slegs gedoen word deur jou eie liggaam te ken en uit te kyk vir die simptome van enige kanker."

Cancervive is ook daar om hoop te gee, dat die siekte oorwin kan word, en nie die einde beteken nie. Die organisasi­e gee ook kankeroorw­innaars die geleenthei­d om hul stories te deel, en dis wat die trekkerrit so belangrik maak, vertel Henning.

Die Cancervive-span gaan saam met die pienk trekker aandoen by Mosselbaai, Albertinia, Riversdal, Heidelberg, Swellendam en dan Riviersond­erend.

As jy meer wil weet kontak Henning by

082 335 4912.

 ?? Foto’s: Kristy Kolberg ?? Frieda Henning van Cancervive ontvang hul eerste donasie van die personeel van die onkologiee­endheid. Van links: Nolene de Klerk, Maggie Damons, Margy Arries, Frieda Henning en Nadine Arnolds.
Foto’s: Kristy Kolberg Frieda Henning van Cancervive ontvang hul eerste donasie van die personeel van die onkologiee­endheid. Van links: Nolene de Klerk, Maggie Damons, Margy Arries, Frieda Henning en Nadine Arnolds.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa