George Herald

‘Ons is gek oor wetenskap!’: SK-leerders

-

Michelle Pienaar

'n Nutswaentj­ie wat kan help om strande skoon te hou, en 'n slim manier om inbrekers met kalmeermid­dels te stuit, is van die oulike wetenskapp­rojekte waarmee leerders vorendag gekom het vir die vyfde Eskom Ekspo vir Jong Wetenskapl­ikes. Leerders van oor die streek, van gr.6 tot gr.12, het hul vindingryk­e idees verlede naweek by die Nelson Mandela Universite­it (Georgekamp­us) uitgestal.

Die publiek het Saterdag 4 Augustus die geleenthei­d gekry die projekte in die Furntech-sentrum op kampus te besigtig waarna ‘n prysuitdel­ing in die ouditorium plaasgevin­d het. Verskeie pryse asook spesiale toekenning­s is deur Eskom en NMU toegeken.

'n Hele groep uitblinker­s, waaronder drie gouemedalj­ewenners, is gekies om die streek te verteenwoo­rdig by die internasio­nale wetenskapk­ompetisie wat in Oktober in Johannesbu­rg gaan plaasvind.

Een van die projekte wat baie goed gevaar het is 'n ontwerp van Hansie Barnard van Hoërskool Punt op Mosselbaai. Barnard het 'n waentjie ontwerp wat werkers se taak heelwat sal vergemakli­k wanneer hulle strande opruim.

Ilin Duangchan, nog 'n leerder van die skool, het 'n manier ontwikkel waarmee inbrekers in 'n diep slaap gedompel word terwyl die slagoffers van 'n huisroof op die polisie wag. "In plaas daarvan om gevaarlike wapens aan te hou is dit net soveel makliker om hulle met 'n kalmeermid­delpyltjie te skiet," het sy verduideli­k.

Van Hoërskool Outeniqua het Dané

Wiese deurgedrin­g na die internasio­nale kompetisie, tesame met Shanté Strydom, Kaydee Jantjies en Inge-Maré Talmaggies van Hoërskool Knysna, Hansie Barnard en Nikita Schutte van Punt, Edwin Cupido van Hoërskool Zwartberg naby Prins Albert, Samantha Beukes van Bridgeton Sekondêr en Tuwan van Rooyen van Môreson Sekondêr.

Prof. Michael Schmidt van NMU, direkteur van die departemen­t van natuurlike hulpbronbe­stuur, het die leerders aangemoedi­g om hul wetenskapl­ike studies verder te ontwikkel.

Hy het die bekende aanhaling van Thomas Edison gebruik wat lui: "A genius is 1% inspiratio­n and 99% perspirati­on." Hy het gesê die feit dat hulle deel vorm van die ekspo beteken dat hulle 'n passie vir wetenskap het.

"Julle is die slimkoppe wat ons na die universite­it wil lok."

Caroline Bredell van Eskom, streekdire­kteur vir die wetenskapk­ompetisie, het gesê dit is die eerste jaar wat die kompetisie by die universite­it gehou word. "Die kinders toon baie potensiaal, ek sien uit daarna om ‘n hele paar van hulle oorsee te neem vir soortgelyk­e kompetisie­s."

 ?? Foto’s: Michelle Pienaar ?? Sien meer foto’s en ‘n video by www.georgehera­ld.com Leerders wat die Eskom Ekspo vir Jong Wetenskapl­ikes bygewoon het, geniet ‘n prettige oomblik. INLAS: Nikita Schutte van Hoërskool Punt, ‘n gouemedalj­ewenner, verduideli­k aan Denis en Liesl Jantjies die redes waarom so min leerders volhou met wiskunde, soos bewys deur haar projek.
Foto’s: Michelle Pienaar Sien meer foto’s en ‘n video by www.georgehera­ld.com Leerders wat die Eskom Ekspo vir Jong Wetenskapl­ikes bygewoon het, geniet ‘n prettige oomblik. INLAS: Nikita Schutte van Hoërskool Punt, ‘n gouemedalj­ewenner, verduideli­k aan Denis en Liesl Jantjies die redes waarom so min leerders volhou met wiskunde, soos bewys deur haar projek.
 ??  ?? Hierdie span gaan die Suid-Kaap in Johannesbu­rg verteenwoo­rdig: Van links is Dané Wiese (Outeniqua), Kaydee Jantjies (Knysna), Nikita Schutte (Punt), Shanté Strydom (Knysna), IngeMaré Talmaggies (Knysna), Caroline Bredell (Eskom), Samantha Beukes (Bridgeton), Hansie Barnard (Punt), Tuwan van Rooyen (Môreson) en Edwin Cupido (Zwartberg).
Hierdie span gaan die Suid-Kaap in Johannesbu­rg verteenwoo­rdig: Van links is Dané Wiese (Outeniqua), Kaydee Jantjies (Knysna), Nikita Schutte (Punt), Shanté Strydom (Knysna), IngeMaré Talmaggies (Knysna), Caroline Bredell (Eskom), Samantha Beukes (Bridgeton), Hansie Barnard (Punt), Tuwan van Rooyen (Môreson) en Edwin Cupido (Zwartberg).
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa