George Herald

Leerders grawe diep in ‘Onderwêrel­d’ van Fanie Viljoen

-

Michelle Pienaar

Drie matrikulan­te in die Suid-Kaap het munt geslaan uit hul deeglike kennis oor die jeugroman Onderwêrel­d, van Fanie Viljoen.

Elma Lamprecht van Hoërskool Outeniqua, Marissa Faku van Fezekile Sekondêr in Oudtshoorn en Altus Lourens van Hoërskool Punt in Mosselbaai het skoonskip gemaak by die Eden en Sentraal-Karoo Onderwysdi­strik se jaarlikse Onderwêrel­dlees-en-dinkkompet­isie. Dié drie leerders het kontantpry­se van R600 (Lamprecht in eerste plek) en R450 (Faku en Lourens in gesamentli­ke tweede plek) ontvang. Hulle dring deur na die provinsial­e kompetisie wat op 25 Augustus in Kaapstad deur die Wes-Kaapse departemen­t van onderwys aangebied word.

Tydens die streekkomp­etisie verlede Saterdag by Hoërskool George, het twintig leerders die bul by die horings gepak en ‘n tawwe vraestel oor hul Afrikaanse voorgeskre­we boek beantwoord. Die kompetisie het leerders gemotiveer om lekker diep te grawe en meer te leer oor Viljoen se Onderwêrel­d. Martha de Beer van Hoërskool Langenhove­n het 'n bespreking oor die boek gelei.

Volgens Penelope Bok, vakadviseu­r vir Afrikaans in die distrik, handel die boek oor die onderwêrel­d van rekenaars en Elma Lamprecht van Hoërskool Outeniqua (links) het die eerste plek verower, en Marissa Faku van Fezekile Sekondêr op Oudtshoorn en Altus Lourens van Hoërskool Punt op Mosselbaai deel ‘n gesamentli­ke tweede plek. Onderwyser­s en leerders wat verlede Saterdag hul kennis oor Fanie Viljoen se boek getoets het.

kuberkrake­rs.

Die verhaal speel af in Lawson-kollege, ‘n denkbeeldi­ge skool in die Drakensber­ge. "Baie leerders vind aanklank by die boek omdat hulle so baie met sosiale media te

doen het," het Bok gesê.

"Die idee van die kompetisie is om leerders aan te moedig om die boek ‘n tweede en derde keer te lees en beter voor te berei vir die eindeksame­n."

 ??  ?? Sien meer foto’s en ‘n video by www.georgehera­ld.com Onderwêrel­d
Sien meer foto’s en ‘n video by www.georgehera­ld.com Onderwêrel­d
 ?? Foto’s: Michelle Pienaar ??
Foto’s: Michelle Pienaar

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa