George Herald

Geniet Vrouedag met gevulde pannekoek by ou tolhuis die naweek

-

Die tolhuis sal komende naweek, van 9 tot 11 Augustus elke dag tussen 09:00 en 14:00 oop wees vir pannekoek en koffie.

Op Vrouedag, 9 Augustus, gaan 'n tikkie ekstra moeite met die pannekoekv­ulsel gedoen word. 'n Besoek aan die geskiedkun­dige geboutjie omring van die majestueus­e Outeniquab­erge kan 'n heerlike uitstappie wees waarop die skoner geslag bietjie getrakteer kan word. 'n Nuutjie by die tolhuis is 'n pragtige perdekar wat die Vriende van die Tolhuis bekom het. Dit sal elke dag daar uitgestal word. "Ons gaan 'n voorraad outydse klere daar hê sodat mense vir die pret 'van toeka se dae'-foto's kan neem saam met die waentjie," sê Gerda Stols, voorsitter van die tolhuisvri­ende.

"Nico Coetzee was verantwoor­delik vir die restourasi­e van die perdekar. Hy moes die wielspeke en houtringe self maak en het hom uitstekend van sy taak gekwyt. Kommaweer Stoffeerde­rs het gesorg vir die profession­ele stoffering. Ons het nog nie 'n perd voor die kar ingespan nie en soek na die geskikte gereedskap daarvoor."

Die Vriende van die Tolhuis benodig 'n vraghouer waarmee hulle ablusieger­iewe by die tolhuis wil skep. Enigiemand wat moontlik 'n houer het wat in onbruik is en dit kan skenk, kan vir Gerda Stols bel by 083 772 8252. Toegang tot die tolhuis is gratis, maar donasies is welkom.

 ?? Photos: Kristy Kolberg ?? The tables were let for the gin school students to set their creative juices flow.
Photos: Kristy Kolberg The tables were let for the gin school students to set their creative juices flow.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa