George Herald

Is voetoorgan­ge vir mooilyk?

-

Gabriëlla Kannemeyer, George:

Ek wil vandag graag vir alle Georgiete, veral ons kinders wat van ons busse gebruik maak, vra om asseblief die voetoorgan­ge te gebruik wanneer hulle die pad oorsteek. Ek raak yskoud elke oggend in Yorkstraat as die hordes kinders van die busse afklim en die pad kruis. Hulle stap nie die kort entjie terug na die voetoorgan­g by die verkeersli­g nie, maar loer om die bus om te sien of daar enige verkeer aankom. Dit is gevaarlik; is die voetoorgan­ge dan vir die mooiheid.

In die middedorp doen grootmense dit ook, dit terwyl die aangewese voetoorgan­g slegs 'n paar meter verder is. Ek verstaan dit nie. Hoekom stel mense hulle lewens so ingevaar, dit kan tog nie moeite wees om as jy naby die oorgang is, dit te gebruik nie.

So hiermee wil ek 'n beroep doen op al ons skole en ons plaaslike verkeersaf­deling, lig ons kinders in waarvoor die zebra-strepe in die pad daar is en sê vir hulle, vir hulle eie veiligheid, moet hulle dít liewers gebruik.

Ek rig my versoek aan die skole want dis een van die plekke waar meeste van die kinders bereik kan word.

Terloops, ek ry vandeeswee­k verby Laerskool Outeniqua aan die kant van Meadestraa­t. Hulle het nog skolierpat­rollie en leerders beman die voetoorgan­g. Baie geluk Outeniqua, dit was nou 'n mooi prentjie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa