George Herald

Outeniqua-koorfees bou voort op 36 jaar se koorsangtr­adisie

-

Vanaf die ontstaan van Hoërskool Outeniqua in 1923 is daar gesing en musiek gemaak en wonderlike konserte gehou. En 95 jaar later is die skool dankbaar dat hierdie tradisie voortgesit word. Maak 'n aantekenin­g, vanjaar vind die jaarlikse konsert op 14, 15 en 16 Augustus plaas.

Die Outeniqua-koorfees het vanuit die uiters gewilde George-sangfees, wat in 1982 begin is, ontstaan. Dit het in 1985 die nuwe naam, die Outeniqua-koorfees gekry. Bertie van Straaten, Amanda Hattingh en die bekende Bram Potgieter was die stigtersle­de van hierdie besondere koorfees en kore vanuit George, Oudtshoorn, Hartenbos en Mosselbaai het hieraan deelgeneem.

Outeniqua sit vanjaar vir die 36ste jaar in ‘n ry hierdie unieke koorfees voort deur ‘n platform aan 22 kore te bied om op ‘n kompeteren­de vlak deel te neem. Die koorfees word deur Phillipus Hugo, verbonde aan die Universite­it Stellenbos­ch, beoordeel.

Die Outeniqua-koorfees word by NG Kerk Denneoord-gemeente aangebied. Die program skop stiptelik om 17:00 af. Toegang is R20 per persoon (volwassene­s en skoliere) en word slegs by die deure gekoop.

Suid-Kaapse koorliefhe­bbers word uitgenooi om enige van hierdie optredes oor drie aande by te woon. Vir meer inligting oor die program kan lesers die skool se webblad by www.outeniqua.co.za besoek of u kan die skool by 044 874 4156 kontak.

 ??  ?? Die Outeniqua-koorfees word by NG Kerk Denneoord-gemeente aangebied en vind op 14, 15 en 16 Augustus plaas.
Die Outeniqua-koorfees word by NG Kerk Denneoord-gemeente aangebied en vind op 14, 15 en 16 Augustus plaas.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa