George Herald

‘My storie van hoop’

-

Die tema van Outeniqua Dames Aktueel se laaste vergaderin­g was ‘My storie van hoop’.

Annette Zondagh het boeiend vertel hoe sy 31 jaar gelede deur ‘n dokter oor die telefoon meegedeel is dat sy kanker het en die Vrydag in George in die hospitaal moet wees. As ma van vier jong kinders en boonop boervrou was die tyding uiters traumaties.

Sy land in Tygerberg en die kleintjies bly by hulle ouma. Tydens ‘n groot operasie word haar skildklier en limfkliere verwyder. Sy eindig vyf dae in isolasie en ondergaan bestraling.

Annette getuig dat God so goed was vir haar, want sy het Hom gesmeek om haar 10 jaar te spaar ter wille van haar kinders en deur Sy genade is sy vandag ouma van vier pragtige kleinkinde­rs.

Ronel Lindholm se storie van hoop begin toe haar babatjie van sewe maande met mioklonies­e epilepsie gediagnose­er is.

Hospitalis­ering, enorme hoeveelhed­e medikasie en mediese uitgawes volg. Toe Lindell sewe jaar oud was, besluit haar pa om te skei. Lindell woon Jan Kriel Skool en Paarl Skool in Brackenfel­l by. Sy is ook met ‘n gewas op haar bynier gediagnose­er. Dwarsdeur hulle lewe het die Vader telkens “mens-engele” op hulle pad gestuur wat in nood gehelp het.

Nadat hulle in 2010 George toe verhuis het, het ‘n neuroloog van Mosselbaai in die geloof haar medikasie drasties verander.

Sy is genees en maak pragtige juweliersw­are. Sy ontmoet vir Jaco in 2015 en is verloof. Haar ma se reaksie: “Sy is deur God aangeraak.”

 ??  ?? Annette Zondagh
Annette Zondagh
 ??  ?? Ronell Lindholm
Ronell Lindholm

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa