George Herald

Tienermeis­ie ontvoer en verkrag

- Pauline Lourens

'n Tienermeis­ie van Pacaltsdor­p herstel tans van 'n nagmerrie-ondervindi­ng toe sy deur 'n groep mans ontvoer en na bewering om die beurt verkrag is na 'n huisroof in die vroeë oggendure van Sondag 12 Augustus.

Die 16-jarige meisie is na die Georgehosp­itaal geneem vir behandelin­g waar sy berading ontvang het.

Volgens die Pacaltsdor­p-polisie is vier mans Sondag in verband met die voorval in hegtenis geneem, maar net een 19-jarige verdagte het Dinsdag in die George-landdrosho­f in verband met voorlopige klagtes van menseroof en roof verskyn. Die saak is tot Dinsdag 21 Augustus uitgestel wanneer 'n borgtogaan­soek na verwagting gebring gaan word.

Drie verdagtes is vrygelaat omdat hulle nie positief met die insident verbind kon word nie. Die ondersoek duur voort en meer arrestasie­s word verwag.

Die slagoffer was glo saam met vriende en familie by 'n huis in New Dawnpark toe die mans binnegesto­rm het.

Die verdagtes het die meisie gegryp asook selfone, skootreken­aars, klere en tekkies. Die rowers het toe te voet, deur die bosse, oor die Schaapkopr­ivier met haar geloop tot in Thembaleth­u waar sy na bewering verkrag is.

Sy het later die oggend weer te voet by die huis aangekom nadat sy vrygelaat is.

* A teenage girl was allegedly kidnapped and raped by a group of men in New Dawn Park shortly after midnight on Sunday. The kidnapping took place during a robbery where cellphones, laptops and clothing were stolen by the men, who left on foot. The girl returned later after walking through the veld from Thembaleth­u. One man (19) appeared in the George Magistrate's Court on Monday on provisiona­l charges of abduction and aggravated robbery. He will appear in court again on Tuesday 21 August for a bail applicatio­n.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa