George Herald

Nagtelike inbrake by drie winkels in Yorkstraat

-

Kristy Kolberg

Twee fietse met ‘n gesamentli­ke waarde van R135 000 is vroeg Dinsdagogg­end, 13 Augustus, by die Coimbra Cycle House-fietswinke­l in Yorkstraat gesteel.

Een van die fietse, ‘n Specialise­d Turbo Levo FSR Comp 6Fattieele­ktriese fiets is R85 000 werd.

Die ander fiets, ‘n padfiets, se waarde beloop R50 000.

Die verdagte(s) het ook by RT Solutions, ‘n rekenaarwi­nkel, probeer inbreek, maar kon nie verby die veiligheid­shek kom nie. Die motorfiets­winkel, The Bike Shop, was ook ‘n potensiële teiken, maar die eienaar Attie Stols, het die inbrekers afgeskrik toe hy vroeg die oggend sy winkel oopgesluit het.

“Ons hou Dinsdaeogg­ende vanaf 06:00 ‘n gebedsgroe­p in die winkel en ek het om 05:30 die winkel kom oopsluit. Ná die vergaderin­g het ek gesien dat die venster agter in die winkel gebreek is.

Op die kringtelev­isie-beeldmater­iaal kon ek sien hoe die mans by die venster uitklim toe ek die winkel oopsluit,” het Stols aan die George Herald gesê.

Volgens voorlopige inligting het die verdagtes met die fietse in die rigting van Dormehlsdr­ift gevlug.

Enigiemand wat die fietse gewaar, of inligting het rondom die voorval, kan Leon Rossouw by 079 240 3491 kontak.

 ??  ?? ‘n Turbo Levo FSR Comp 6Fattie-electric fiets van R85 000 en ‘n padfiets van R50 000 is tydens ‘n inbraak by Coimbra Cycle House gesteel.
‘n Turbo Levo FSR Comp 6Fattie-electric fiets van R85 000 en ‘n padfiets van R50 000 is tydens ‘n inbraak by Coimbra Cycle House gesteel.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa