Man doodgery op N2
'n Voetganger is Sondag omstreeks 17:40 op die N2 doodgery. Sydney Uithaler (45) het na bewering voor die voertuig, 'n wit Renault wat in die rigting van Mosselbaai gery het, ingehardloop. Volgens 'n woordvoerder van Pacaltsdorp-polisie het die ongeluk naby Rosedale tussen Pacaltsdorp en Thembalethu gebeur. 'n Saak van strafbare manslag word ondersoek.
*A pedestrian died on the N2 at 17:40 on Sunday when he was hit by a vehicle as he crossed the highway in the vicinity of Rosedale between Pacaltsdorp and Thembalethu. The police identified the deceased as Sydney Uithaler (45). According to reports he was hit by a white Renault travelling in the direction of Mossel Bay.