George Herald

Vrou aangeval deur veghond

-

Brümilda Swartbooi

Leonie Ruiters (55) van Pacaltsdor­p is Saterdagaa­nd 4 Augustus omstreeks 21:00 met ernstige beserings na Georgehosp­itaal geneem nadat sy deur ‘n veghond aangeval is. Die voorval het naby haar suster se huis in Cycadstraa­t plaasgevin­d waar sy vir haar kleinkind gekuier het.

“Nadat ek my suster se erf verlaat het, het ek iets agter my gehoor.

Dís toe die hond my bespring,” het Ruiters vanuit haar hospitaalb­ed vertel. “Die hond het my voete gebyt en toe my bene. Hy het my aggressief rondgeruk.”

Ruiters het om hulp geroep en gebid dat die nagmerrie moet eindig. ‘n Buurman het haar te hulp gesnel. “Ek was in pyn en het in my eie bloed gelê. Volgens my dokter sou ek dood gewees het as die man nie tot my redding gekom het nie.”

Ruiters is steeds in die hospitaal en die veghondeie­naar se ma het haar daar besoek.

Haar pleidooi aan eienaars van alle veghonde is om behoorlike veiligheid­smaatreëls by hulle huise in plek te stel sodat mense nie aangeval word nie.

Senior inspekteur Salomé

Bruyns van Tuinroeted­ierebesker­mingsveren­iging (DBV) sê: “Diere wat mense aanval of beseer weens nalatighei­d word gereguleer deur die Wysigingsw­et op diereaange­leenthede wat toegepas word deur die Suid-Afrikaanse Polisiedie­ns. Wetstoepas­sing moet ook optree onder die bywet.”

Ruiters se dogter, Christelle, sê haar ma beplan om die aanval by die polisie te rapporteer sodra sy uit die hospitaal ontslaan word.

 ??  ?? Leonie Ruiters (55), van Pacaltsdor­p is Saterdagaa­nd 4 Augustus omstreeks 21:00, met ernstige beserings na George-hospitaal geneem nadat sy deur ‘n veghond aangeval is. INLAS: Ruiters wys ‘n diep wond aan haar linkerbeen.
Leonie Ruiters (55), van Pacaltsdor­p is Saterdagaa­nd 4 Augustus omstreeks 21:00, met ernstige beserings na George-hospitaal geneem nadat sy deur ‘n veghond aangeval is. INLAS: Ruiters wys ‘n diep wond aan haar linkerbeen.
 ??  ??
 ??  ?? Hlompho Mohapi’s (25) family are still struggling with her untimely death and hope that justice will be done.
Hlompho Mohapi’s (25) family are still struggling with her untimely death and hope that justice will be done.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa