George Herald

Sielskos voed vroue van Blanco

-

Elke vrou is gebore met ‘n innerlike skoonheid wat met die nodige sorg sal skitter en skyn. Dit is die sielskos wat sowat 150 vroue van Blanco vanjaar by ‘n Vrouedagfu­nksie op 9 Augustus gevoed het.

Die tema van die oggend, ‘The beauty within me’, het vroue aangegryp en met ‘n boodskap van hoop en liefde die dag ingestuur.

Die Vrouedagvi­eringe in Blanco is agt jaar gelede deur die Blanco Youth Foundation van stapel gestuur, maar is in 2011 deur gemeenskap­slid, Deirdre Fernandez, oorgeneem. Samantha Higgins is Fernandez se regterhand en die donateurs is meestal vriende en familie. “Dis ‘n liefdesdaa­d, baie vroue gaan hoopvol terug na hul huise. Vroue is honger vir bemoedigin­g,” het Fernandez gesê.

 ??  ?? Die sprekers is van links Clifford Sheldon (seremoniem­eester), Antie Mollie (Heartbeat FM), Judy Westraat (Ace Modeling), Nadia Kriger, Deirdre Fernandez (organiseer­der), Grezelda Peterson en Hannelie Khoury (sanger).
Die sprekers is van links Clifford Sheldon (seremoniem­eester), Antie Mollie (Heartbeat FM), Judy Westraat (Ace Modeling), Nadia Kriger, Deirdre Fernandez (organiseer­der), Grezelda Peterson en Hannelie Khoury (sanger).
 ??  ?? ‘n Heerlike oggend vir die vroue van Blanco.
‘n Heerlike oggend vir die vroue van Blanco.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa