George Herald

KANSA LEWER DIENS

-

Kansa lewer diens aan pasiënte deur die hele Tuinroete, Klein-Karoo en GrootKaroo.

Emosionele ondersteun­ing word aan pasiënte en hul families voorsien.

Berading en voorligtin­g na ’n diagnose en pasiënte word deur vrywillige­rs ondersteun.

Mediese toerusting word, indien beskikbaar, aan pasiënte geleen, waaronder rolstoele, pruike, kommodes en matrasse wat bedsere voorkom.

Irma Bruschi Care Home bied akkommodas­ie aan pasiënte regoor die streek. ’n Maksimum van 12 pasiënte wat vir bestraling of chemoterap­ie na George kom en verblyf benodig, word gehuisves. Etes word voorsien sowel as vervoer van en na die behandelin­gsentrum.

Siftingsto­etse (borsonders­oeke en papsmere vir vroue) word regdeur die jaar, volgens afspraak gedoen. PSA-toetse (prostaat spesifieke antigeen toetse) vir mans en kolorektal­e toetse vir mans en vroue (by Ampath of Pathcare).

Die verspreidi­ng van pamflette en praatjies oor kanker help met bewusmakin­g in die gemeenskap.

 ??  ?? Elizabeth Harris (regs), ’n Kansa-vrywillige­r van Knysna, het ’n pasiënt in Blanco tydens Mandeladag besoek.
Elizabeth Harris (regs), ’n Kansa-vrywillige­r van Knysna, het ’n pasiënt in Blanco tydens Mandeladag besoek.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa