George Herald

Pienk trekker maak hande oop

-

Die pienk trekker wat verlede week uit George vertrek het om geld in te samel vir Cancervive het wyd belangstel­ling langs die pad gelok. Selfs die polisie op Riversdal het die trekker 'gestop'.

Die publiek se hand was wyd oop om ‘n donasie te maak in die blou melkkan agterop die trekker en is ongeveer R16 000 vir Cancervive ingesamel.

Marius Stander, eienaar van die trekker, en Frieda Henning van Cancervive wil elke persoon wat ‘n donasie gemaak het, hartlik bedank.

"Julle donasie gaan help om ‘n verskil aan kankerstat­istieke te maak." Daar is besluit dat hierdie rit na die Wes-Kaap veteraantr­ekker- en enjinskou elke jaar ‘n instelling gaan word. Daar word ook beplan om dit volgende jaar te kombineer met ‘n fietsaflos. Meer inligting is beskikbaar op hul Facebook-blad, Pienk Trekker vir Kanker. Vir die wat graag 'n donasie wil maak, hul bankbesond­erhede is ook beskikbaar op die blad.

* Die George Herald het verlede week verkeerdel­ik berig dat die fondsinsam­eling vir Kansa is. Die fondsinsam­elingproje­k is vir Cancervive, 'n nie-winsgewend­e organisasi­e aan die stuur van bewusmakin­g- en opvoedkund­ige projekte onder die organisasi­e, People Living With Cancer.

 ??  ?? Die polisie op Riversdal ‘moes’ natuurlik die trekker stop om te kyk of al die nodige lisensies en permitte op datum was. Gelukkig was dit! Almal het lekker gekuier langs die pad by hulle en die geleenthei­d gebruik om vir elkeen ‘n bewusmakin­gsbrosjure in die hand te stop. INLAS: Die blou melkkan agterop die pienk trekker waarin mense hulle donasies gegooi het.
Die polisie op Riversdal ‘moes’ natuurlik die trekker stop om te kyk of al die nodige lisensies en permitte op datum was. Gelukkig was dit! Almal het lekker gekuier langs die pad by hulle en die geleenthei­d gebruik om vir elkeen ‘n bewusmakin­gsbrosjure in die hand te stop. INLAS: Die blou melkkan agterop die pienk trekker waarin mense hulle donasies gegooi het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa