George Herald

Inspireren­de Koppie vir Kansa in Oktober

-

'n Koppie vir Kansa word op Saterdag 13 Oktober in die kerksaal van die VGK Blanco, Vloedstraa­t, gehou.

Dit beloof om'n inspireren­de oggend te wees rondom die tema 'Laat hoop verrys/'Let hope rise'. Die gasspreker­s by die geleenthei­d is Tersia Fourie van Kansa en 'n kankeroorw­innaar, Julia Williams wat haar storie van hoop gaan vertel.

Daar sal ook 'n sangitem wees en matrikulan­te gaan met hul matriekafs­keidsrokke spog in 'n modeverton­ing.

Kaartjies kos R100 per persoon en is beskikbaar by Eve Stoffels by 076 892 2811.

Vroue wat as gasvroue vir 'n tafel wil optree of persone wat skenkings wil maak, kan haar ook bel.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa