George Herald

Vrouedag by ou tolhuis gevier

-

Pauline Lourens

Die Vriende van die Tolhuis het Vrouedag vanjaar op ‘n spesiale manier gevier. Die tolhuis se eie perdekar, wat onlangs deur Kommaweer gerestoure­er is, was die middelpunt van ‘n fotonemery waar oud en jong kon opklim om die gevoel te kry.

Pannekoek gevul met karamel en piesangs was die spesiale bederfie vir al die dames en menere - wat op Donderdag die tolhuis besoek het. Gerda Stols, voorsitter van Vriende van die Tolhuis, was in haar skik dat sowat 40 persone kom deel het in Vroudagvre­ugde.

Fotograaf Daleen Engelbrech­t en haar span was verantwoor­delik vir die foto’s wat die dag geneem is.

 ?? Foto: Daleen Engelbrech­t ?? ‘n Pragtige wa met ‘n mooi nooi. Die mooi prentjie het hom voorgedoen op Vrouedag, 9 Augustus. Lynette de Jager, die vioolspele­nde onderwyser­es het ingestem om nostalgies te raak op ‘n perfekte mooi dag waartydens gevulde pannekoek en koffie in die ou tolhuis bedien is.
Foto: Daleen Engelbrech­t ‘n Pragtige wa met ‘n mooi nooi. Die mooi prentjie het hom voorgedoen op Vrouedag, 9 Augustus. Lynette de Jager, die vioolspele­nde onderwyser­es het ingestem om nostalgies te raak op ‘n perfekte mooi dag waartydens gevulde pannekoek en koffie in die ou tolhuis bedien is.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa