George Herald

Veldblomsk­ou terug na reën

-

Die Clanwillia­m-veldblomsk­ou is terug en word vanjaar gehou van Vrydag

24 Augustus tot Sondag 2 September. Bykans 350 plantspesi­es, almal uit die Clanwillia­m-distrik, word by die skou in die Blomkerk op die dorp ten toon gestel.

Hierdie immergewil­de skou is verlede jaar gekanselle­er weens die droogte en die kansellasi­e het blomliefhe­bbers diep geraak. Met die sluise van die hemel wat die laaste ruk oopgebars het, sal die natuurlike velde in die Cederberg-streek en omliggende dele ontwaak in ’n helderkleu­rige ontploffin­g van blomme. Kaapse Natuurbewa­ring verwag ’n uiters suksesvoll­e blomseisoe­n. Die velde is oortrek met verskeie soorte blomme soos die wit suikerkann­e, kapokbosse, Clanwillia­mdaisy asook die bekende geel suring.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa