George Herald

Bella Rosa Kwartet van Kaapstad tree op in George

-

Die George-musiekvere­niging bied op Saterdagaa­nd 25 Augustus 19:30 die hoogs aangeskrew­e Bella Rosa Kwartet van Kaapstad aan in die Oakhurst Insurance George Arts Theatre.

Die groep bestaan uit Albert Combrinck (pianis), Pieter- Adriaan Stofberg (tjellis), Sally Minter (fluitspele­r) en Louise Howlett (sangeres) wat beroemde musiek van onder andere Ravel en Debussy gaan opvoer.

Albert Combrinck is 'n internasio­naal erkende pianis, komponis en stemafrigt­er met verskeie toekenning­s en kwalifikas­ies wat hy ontvang het tydens sy vele optredes internasio­naal en plaaslik.

Pieter Adriaan Stofberg is 'n tjellis wat gestudeer het aan die Universite­it van Kaapstad en die Trinity College in Londen waar hy sy meestersgr­aad verwerf het onder dr. Anzel Gerber. Hy tree gereeld op en verskaf onderrig in Kaapstad en is tans weer besig met verdere studies aan die Trinity College in Londen.

Sally Minter studeer aan die Universite­it van Kaapstad en ook aan die Royal Academy of Music in Londen onder Paul Edmund Davis, die beroemde fluitspele­r. Sy tree op in Londen saam met verskeie dirigente en word daar erken as 'n uitstaande fluitspele­r.

Louise Howlett kom oorspronkl­ik van Engeland waar sy aan die Royal College of Music onder Margaret Cable studeer het.

In 1993 kom sy na Suid-Afrika waarna sy besluit om haarself hier as musikant te vestig en raak sy betrokke in verskeie fasette van musiek genres in die Kaap.

Kaartjies en meer inligting is beskikbaar by www.georgemusi­csociety.co.za of by die deur.

 ??  ?? Sally Minter - fluitspele­r.
Sally Minter - fluitspele­r.
 ??  ?? Pieter- Adriaan Stofberg - tjellis.
Pieter- Adriaan Stofberg - tjellis.
 ??  ?? Bella Rosa se pianis - Albert Combrinck.
Bella Rosa se pianis - Albert Combrinck.
 ??  ?? Die sangeres Louise Howlett.
Die sangeres Louise Howlett.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa