George Herald

GEORGE-EISTEDDFOD

is in volle gang by die George-kunsteteat­er

-

Die 2018 Finovo George-eisteddfod is tans in volle gang en gaan vir opwindende hoogtepunt­e sorg. Dit sluit 'n optrede van die Viva Voce Vokale Ensemble van Hoërskool Outeniqua op Woensdag in asook die prysuitdel­ingsaand op Donderdag 30 Augustus in die Oakhurst Insurance George Arts Theatre.

Die sangafdeli­ng het op Dinsdag 'n aanvang geneem en duur tot Vrydag 17 Augustus en vind daagliks plaas vanaf 10:00 tot 12:00 onder die beoordelin­g van Philippus Hugo van Stellenbos­ch.

Op Vrydag 17 Augustus kom die opeafdelin­g vir volwassene­s aan die beurt, wat om 10:55 begin en meestal Elisabeth Potgieter se studente insluit, maar ook enkeles van Alma Oosthuizen.

Errata

In die George-eisteddfod se drama-afdeling was Marlene Pietersen die beoordelaa­r met Leentjie Nell die assistent. 'n Fout het in die onderskrif van verlede week se uitgawe ingesluip.

Op 20 Augustus vind die instrument­aleafdelin­g se items plaas en vanjaar sluit dit harpe, marimbas, tjello’s, klassieke kitaar, viole en verder die gewone, slagorkes en junior instrument­ale ensembles. Dit duur tot 24 Augustus.

 ??  ?? Bella van Jaarsveld (gr. 4 Holy Cross) het My favourite things van The Sound of Music gesing onder begeleidin­g van haar musiekonde­rwyseres, Lida de Villiers.
Bella van Jaarsveld (gr. 4 Holy Cross) het My favourite things van The Sound of Music gesing onder begeleidin­g van haar musiekonde­rwyseres, Lida de Villiers.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa