Eden-tennis pak NoordBoland
Garnett Wicomb
Verskeie tennisspelers van George is opgeneem in die Eden-tennisvereniging se spanne wat Saterdag by die Wesbanktennisklub op Oudtshoorn in 'n vriendskaplike wedstryd teen NoordBoland te staan kom.
Die spanne is:
Ope
Mans: Eduard Steyls, Helgard Muller (kapt.), Hein Beyleveld, en Ruaan Killian. Vroue: Heike Janse van Vuuren, Chandre Boshoff, Retha Matthee en Liebe Oosthuizen
40+ mans: Corné Smit, Ayanda Nontshinga (kapt.), Theunis Kruger en Gert Beyleveld.
50+ mans: Stevie Keuler, Pietman Mostert, Freddie Lotter en Kowie Pretorius.
Vroue: Karin Deltenre (kapt.), Maretha Fourie, Carrie Maclean en Thea Malherbe.
60+ mans: Danie Steyl, Pieter Schoeman, Louis du Preez (kapt.) en Paddy Dalzell. Vroue: Lulette Smit, Hanle Cronjé, Sonja Botha en Deline Henderson.