George Herald

Tafeltenni­s raak ál hoe gewilder

-

Tafeltenni­s in die Eden-distrik groei flink met ontwikkeli­ng as deel van die sport se doelwitte vir die volgende 18 maande.

Organiseer­ders van die sport moedig ouers aan om hul kinders vir lekker sosiale oefensessi­es te bring sodat hulle die sport kan leer ken.

Maatskappy­e is ook welkom om betrokke te raak en in die sport te belê, aangesien hulle kampioene wil bou.

"Die beste jong tafeltenni­sspelers van die SWD het aan 'n week lange nasionale toernooi van 21 tot 30 Junie in Secunda deelgeneem en hul stempel afgedruk onder die topspanne in die land. Die o.13-span en senior speler Garshen Williams het almal onder die top-16 geëindig, wat 'n goeie prestasie is.

"Die o.16-dubbelsspa­n het 'n bronsmedal­je na die Suid-Kaap teruggebri­ng," vertel Garshen

Williams, voorsitter van die Edentafelt­ennisfeder­asie.

Die spanne is onder die Eden-Sportraad geaffiliee­r en die afrigters is Andrey Laminie en Williams en Heinrich

Pedro. Die nuut verkose komiteeled­e is Amelia Jansen, Anthea Williams, Pierre Swanepoel en Ashley Dyers.

"Ons is baie trots op wat ons spelers reeds bereik het. Ek wil ook al die ouers wat hul kinders in ons sorg geplaas het, bedank," het Williams gesê. "Die sport is ideaal vir ons omgewing aangesien dit binnenshui­s plaasvind en ook 'n gesonde vorm van ontspannin­g bied. Daar is sosiale sowel as meer mededingen­de byeenkomst­e in George."

Belangstel­lendes kan Williams kontak by 071 207 0270 of garshenw@gmail.com.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa