George Herald

Genotvolle

-

Tys Pringle

George-rolbalklub het Vrouedag vanjaar op 'n hoogs genotvolle, prettige en mededingen­de manier gevier en daardeur bewys dat die dag benut en geniet kan word sonder optogte met swaaiende plakkate.

Die klub het 'n toernooi vir die vroue aangebied met 'n buitengewo­ne en besonderse formaat. Sestig vroue het deelgeneem en spelers van so ver as Stilbaai het die dag saam met talle vroue van George geniet. Spelers van omliggende klubs soos Leasure Isle, Knysna, Sedgefield, GrootBrak, Mosselbaai en Vista het ook meegedoen en bygedra tot die genot en sukses van die dag.

Die formaat was eweneens interessan­t en het byval gevind by al die spelers. Die spanne het bestaan uit drie spelers: 'n lei, tweede en skipper. Elk van die drie wedstryde is saam met ander spelers gespeel. Elke speler het haar eie telkaart gehad, waarop die tellings van elke onderskeie wedstryd, waaraan hul deelgeneem het, aangeteken is.

Die skippers, tweedes en leie is afsonderli­k beoordeel volgens hulle netto punte, wat in elke wedstryd verdien is. Die skippers, tweedes en leie, wat die meeste punte behaal het, is as wenners van die dag bekroon.

Elke wedstryd is oor 15 skofte in koel sonskynwee­r gespeel. Die laaste wedstryd moes egter weens reën verkort word en is oor slegs 10 skofte beslis.

Die mans van die klub het nie alleen die kombuis beman nie, maar het op behendige wyse die bediening behartig. Stuart Marchant, president van die klub, het in die ongewone hoedanighe­id as hoof van die kombuis opgetree waar hy fluks deur 'n paar manslede bygestaan is.

Elkeen van die 60 spelers het 'n prys ontvang. Die pryse het hoofsaakli­k bestaan uit borgskappe en donasies van, onder andere, lede van die klub. Een van hierdie donateurs, John Burbridge, is intussen oorlede, en daar is aan hom hulde gebring.

Die uiteindeli­ke wenners van die dag was:

Skipper - Christine Vermaak; Tweede - Petro Breedt; Lei-Peggy Battye.

In die tweede plek was:

Skipper - Edith Spence;

Tweede - Ria Pienaar; Lei

- Lawrence Ludwig (die enigste manspeler was wat noodgedwon­ge vir 'n vrou, wat ongesteld geraak het, moes instaan).

Derde was: Skipper - Ria Louw; Tweede - Joy Embling; Lei - Lee Tranter.

 ??  ?? Betty Mason van George beduie aan haar spanmaat wat sy behoort te doen. Christine Vermaak en Crystal Barlow, albei van George, het die Vrouedag terdeë geniet. Vermaak, as skipper, was in die wenspan. Jenny Sinclair ken van rolbalbest­uur - en balle rol. Laat hulle met rus, beduie Jill Power aan ‘n spanmaat.
Betty Mason van George beduie aan haar spanmaat wat sy behoort te doen. Christine Vermaak en Crystal Barlow, albei van George, het die Vrouedag terdeë geniet. Vermaak, as skipper, was in die wenspan. Jenny Sinclair ken van rolbalbest­uur - en balle rol. Laat hulle met rus, beduie Jill Power aan ‘n spanmaat.
 ??  ?? Colleen van Rooyen het die oog gevang met haar pienk haredos.
Colleen van Rooyen het die oog gevang met haar pienk haredos.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa