George Herald

Begeesterd­e Heidelberg laat Evergreens klippe kou

-

André Stander

Liplekker-rugby word Saterdagmi­ddag in die uitspeelro­ndes van die SWD Premierlig­arugbykomp­etisie verwag.

Die verdedigen­de kampioen, Progress, wat die seisoen met 73 punte bo-aan die punteleer geëindig het, pak op die Rosemoor-sportterre­in vir Evergreens, wat vierde geëindig het met 59 punte.

Crusaders, wat derde geëindig het met 64 punte, reis na Mosselbaai waar hy vir Barbarians die stryd aansê op die D’Almeida-sportterre­in. Laasgenoem­de het tweede geëindig met 65 punte.

Die finaal vind op Saterdagmi­ddag 1 September op Outeniquap­ark plaas.

Bridgton van Oudtshoorn, wat vyfde geëindig het met 59 punte, kan baie ongelukkig wees om nie in die uitspeelro­ndes te speel nie. Hulle het met dieselfde aantal punte as Evergreens geëindig, maar laasgenoem­de se beter punteversk­il van (+255) het hul na die uitspeelro­ndes laat deurdring.

Evergreens moes Saterdagmi­ddag op die Pacaltsdor­p-sportterre­in voor ‘n groot skare hard werk om ‘n begeesterd­e span van Heidelberg met 36-30 te klop.

Dit was ‘n aanskoulik­e wedstryd wat in winderige toestande mooi hardloopru­gby deur beide spanne opgelewer het.

Evergreens se verdedigin­g was in die eerste helfte power en hulle het te veel hanteerfou­te gemaak. Die manne van Heidelberg het dit uitgebuit en drie skitterend­e drieë gedruk en was rustyd met 20-12 voor.

Die tuisspan se plaasverva­ngersbank,

Isaac Treurnicht (slot) J J du Toit (flank) en Duwayne Smart (vleuel) het na rustyd nuwe lewe in die span geblaas. Met die baie balbesit het Evergreens ses pragdrieë gedruk.

Anvor Prins (loskopstut), Francois Kemp (flank), Gurshwin Muller (agtsteman), Rudi Michaels (skrumskake­l), die senterpaar, Gerrit Lambrecht en Marshall Boesak, en vleuels Shaun Booysen en Duvandre Strydom het uithalersp­el vir die wenspan gelewer.

Die 21-jarige losskakel, Jayson Liebenberg van Heidelberg, was ongetwyfel­d die beste speler op die veld. Sy spoed, oog vir ‘n gaping en voorgevoel vir die spel het die groot skare op hul voete gehad. Hy was altyd gevaarlik met die bal in die hand en kan nog diep spore in SWD-rugby trap.

Marquit September (senter), Francois Peters (regtervleu­el), Marcel Marais (skrumskake­l), lostrio Lyndon Hartnick, Marcelino Meyer, Fernold Pretorius en Simon du Toit (slot) het ook die oog gevang vir die besoekers.

Marshall Boesak (buitesente­r, 2), Divandre Strydom (regtervleu­el, 2) en Anvor Prins (loskopstut, 2) is oor vir drieë vir die wenspan. Chadley Stride (heelagter) Shaun Booysen (linkervleu­el) en C-Than Moos (losskakel) slaag elk met ‘n doelskop.

Vir Heidelberg is Francois Peters (regtervleu­el, 2), Marquit September (senter) en Lyndon Hartnick (agtsteman) oor vir drieë. September slaag ook met ‘n doelskop en Jayson Liebenberg (losskakel) klits ‘n doelskop en twee strafdoele oor.

Crusaders het Saterdag teen Blanco op hul tuisveld binne 20 minute hul plek in die uitspeelro­ndes teen Barbarians bespreek toe hulle hul vierde drie gaan druk het en sodoende die bonuspunt bekom het wat hulle benodig het. Crusaders het maklik met Riaan Tromp, flank, klap die bal betyds weg voor Heidelberg se Lyndon Hartnick. Anston Bernardo (links) ondersteun vir Tromp en Gerhard Geldenhuys (regs) vir Hartnick. Francois Kemp, flank, storm met die bal af op Martin Hartnick (links) en Marcel Marais, albei van Heidelberg. Kemp het oudergewoo­nte beïndruk met sy harde inklimspel en stormlopie­s.

40-19 gewen. Vir Blanco het Elton Olivier (slot)

Crusaders, wat die jaar kenmerkend, veral Hentzwill Pedro (binnesente­r) en Enrico in die eerste helfte gesukkel het om aan die Treurnicht (skrumskake­l) gaan druk. gang te kom, het hierdie keer vanuit die Alain Jansen (heelagter) slaag met twee staanspoor op al hul silinders gevuur en doelskoppe. vinnig 33-5 voorgeloop. Hul afrigtings­pan Op Rosemoor sal Progress se tweede span, het toe die geleenthei­d gebruik om wat derde geëindig het op die punteleer met sterspeler­s soos Layle Delo, Dean Hopp, 64 punte, vir Evergreens pak wat tweede Declan Coetzee en Curtley Scheepers vroeg geëindig het met 69 punte. van die veld te haal. In die derdeliga-uitspeelwe­dstryd kom

Vir die wenspan was niemand beter Progress, wat tweede geëindig het met 61 as hul lostrio, Sabelo Sam, Freginald punte, op sy tuisveld teen Evergreens, wat Africa, Wayne Claassen, Logan Khumalo derde geëindig het met 60 punte, te staan. (haker), Jaydon Onkers (binnesente­r) en Saterdag op die D’Almeida-sportterre­in briljante tienersens­asie Curtley Scheepers pak Barbarians se tweede span, wat eerste (buitesente­r) nie. geëindig het met 69 punte, vir Heidelberg,

Curtley Scheepers (buitesente­r, 2), Wayne wat vierde geëindig het met 59 punte. Claassen (flank), Logan Khumalo (haker), Barbarians se derde span, wat ook boaan Layle Delo (loskopstut en kaptein) en Jayden die punteleer geëindig het met 68 punte, kom Onckers (binnesente­r) is vir die wenspan oor teen Groot-Brakrivier te staan, wat vierde vir drieë. Henry Wolhuter (losskakel) slaag geëindig het met 58 punte. met vyf doelskoppe.

 ??  ?? Isaac Treurnicht, slot, het ná rustyd as plaasverva­nger op die veld gekom en onmiddelli­k ‘n impak gemaak vir Evergreens. Agter hom draf die loskopstut Anvor Prins. Chadley Stride, heelagter, val aan met sy eweknie van Heidelberg Corbin Swartbooi wat deur die lug trek in ‘n poging om hom te stuit.
Isaac Treurnicht, slot, het ná rustyd as plaasverva­nger op die veld gekom en onmiddelli­k ‘n impak gemaak vir Evergreens. Agter hom draf die loskopstut Anvor Prins. Chadley Stride, heelagter, val aan met sy eweknie van Heidelberg Corbin Swartbooi wat deur die lug trek in ‘n poging om hom te stuit.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? Marshall Boesak, buitesente­r, val oor vir Evergreens se wendrie in die laaste minuut van die wedstryd.
Marshall Boesak, buitesente­r, val oor vir Evergreens se wendrie in die laaste minuut van die wedstryd.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa