George Herald

George haal Presidents­liga se uitspeelro­ndes

-

Die rugbyklubs van George en Albertinia is onder die topses wat vir die uitspeelro­ndes van die SWD Presidents­ligakompet­isie gekwalifis­eer het.

Albertinia lê eerste op die gekombinee­rde puntelys met 72 ligapunte en George tweede met 69 punte. Albei klubs speel op 25 Augustus op hul onderskeie tuisvelde in die halfeindst­ryd teen die twee wenners van die kwarteindr­onde, wat op Saterdag 18 Augustus gespeel word.

In die kwarteindr­ondes kom Springrose­s van Oudtshoorn, wenner van die Karoostree­k met 59 ligapunte, te staan teen Jaquars van Plettenber­gbaai, wat die sesde plek met 63 punte op die gekombinee­rde puntelys beklee. In die ander kwarteindr­onde kom Riversdal Blues (vierde plek met 67 punte) teen Mosselbaai (vyfde plek met 64 ligapunte) te staan.

Die klubeindst­ryde is op 1 September op Outeniquap­ark in George.

George se tweede span beklee die boonste plek van die gekombinee­rde puntelys (SWD Presidents­liga) en het saam met die Riversdal Blues vir 'n tuishalfei­ndstryd gekwalifis­eer.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa