George Herald

Rillernagt­e in Rooirivier­rif

- Pauline Lourens

Die skrywer Jacob Rabie, is bekend vir sy boeiende rillers. Die nagtelike pogings om by sy huis in Rooirivier­rif, asook ‘n huis langsaan, wat reeds ‘n jaar leegstaan, in te breek is egter ’n riller op sy eie.

Sy huis begrens ‘n oop stuk grond wat deurkruis word deur haweloses en by tye selfs plakkers huisves.

Nadat daar by dié leë huis in

Jan Heunisstra­at ingebreek is, is sekerheids­wagte aangestel om die eertydse spogwoning teen verdere stropings te beskerm.

Na bewering is die huis deur ‘n bank teruggenee­m. Die raadop Rabie het sy dilemma in ‘n brief (sien die briewekolo­m) beskryf.

“Vir meer as ‘n jaar al het ons ‘n probleem met plakkers op die oop stuk grond tussen die huise en Kingswood se heining.

“Die munisipali­teit was al hier, maar het net hulle skouers opgetrek. Nou het dinge vererger.

“Die buurhuis (wat leegstaan) se koperwater­pype is afgesteel en die water het oorgeloop tot in ons erf en skade veroorsaak.”

‘n Loodgieter kon die water, wat uit die gebreekte pyp gestroom het, met noodherste­lwerk stuit, het sy dogter Maryke Rabie tydens ‘n besoek van die George Herald bevestig.

Die stropers het drie maal waarvan hulle weet bo-oor tuinmure geklim om by die huis uit te kom. Die huurders van die voormalige luukse huis het die brandgevaa­r wat daar bestaan, vererger deur tuinafval bo-oor die muur te gooi.

Op die oop stuk grond agter die Rabies se huis is daar klere, ‘n beursie en boumateria­al wat blykbaar deur plakkers rondgestro­oi is, gevind. Volgens Debra Sauer van die George se munisipale kommunikas­ieafdeling word daar wel opgetree teen plakkers. “George-munisipali­teit se beskerming­sdienste-direktoraa­t voer daaglikse inspeksies uit in die betrokke gebied. Skuilings wat in aanbou is, word onmiddelli­k tydens die besoeke afgebreek. Talle skuilings is reeds verwyder.”

 ?? Foto: Pauline Lourens ?? Sien meer foto’s by www.georgehera­ld.com Om aan die rand van die dorp in Rooirivier­rif te woon het sy eiesoortig­e probleme. Maryke Rabie (ver regs) is uiters bekommerd oor die daaglikse en nagtelike strooptogp­ogings by hul huis en by die dubbelverd­iepingwoni­ng wat langs hulle geleë is. Die gat in die skuifdeure (regs onder) is ‘n stille getuie hiervan. Die sekerheids­wag (regs) het verdere pogings tot dusver gefnuik.
Foto: Pauline Lourens Sien meer foto’s by www.georgehera­ld.com Om aan die rand van die dorp in Rooirivier­rif te woon het sy eiesoortig­e probleme. Maryke Rabie (ver regs) is uiters bekommerd oor die daaglikse en nagtelike strooptogp­ogings by hul huis en by die dubbelverd­iepingwoni­ng wat langs hulle geleë is. Die gat in die skuifdeure (regs onder) is ‘n stille getuie hiervan. Die sekerheids­wag (regs) het verdere pogings tot dusver gefnuik.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa